Posted by: mykopop | Woensdag 5 Maart 2008

Oor houthuisies hê

DSCF2050

‘n Paar weke gelede het ek vertel hoe ek beton gegooi en plaveistene gelê het, toe vat ek ook te haastig daardie draai. Op die reguit kant links het ek toutjies gespan en die stene tussen die twee toutjies gelê. Maar toe ek by die hoek kom besluit ek mos dit nog te vroeg, en ek wil nou opsluit deur die straights en om die draaie gaan. Toe gebruik ek net die winkelhaak en die waterpas as meetinstrumente. Natuurlik, toe ek die laaste reguit stuk stene wil pak op ‘n ander dag, kom ek agter dit was skeef. Nouja, mens moet kan jippo ook as dit moet. Ek span toe eers ‘n toutjie waar hy moet wees. Nee, hy loop sommer met ‘n paar sentimeter bo-oor die stene wat reeds daar gesement is. Toe pas ek hom maar by die verste punt aan, met so ses duim in die ou taal. Gevolglik loop hy toe net so een-en-‘n-half sentimeter oor die stene. Toe begin ek maar dagha meng en gooi en stene lê, en so staaaadigaan bring ek die stene weer op lyn. Kan ky dit sien op die foto hierbo? Die rand moet nog net met ‘n skuins betonstrokie afgerond word, maar dit op ‘n ander dag.

Toe kon ek my Wendy bestel waarvoor die betonblad gegooi is. Die besigheid waarmee ek voorheen gepraat het se prys het skielik opgegaan na ver oor die R4000, maar nadat ek hulle megedeel het dat ek reeds met hulle gepraat het en bietjie gekibbel het, was die prys terug op R3400. Toe die ou daar aankom het ek hom mooi beduie, daardie voorste hoek is nou nie so heeltemaal haaks nie. Lyk asof hy ook verstaan het …

Ta Daaaa!!!!!!!!!

2008 03050002

2008 03050003

Daar is hy! nou nie die beste kwaliteit wat daar is nie. Ek moet hom nog met ‘n paal probeer lig om die stene en plankies wat vir my nie so mooi lê nie bietjie te rangskik. Binne wil ek nog ook eers die vloer vernis voor ek iets begin inpak. Dan moet daar natuurlik rakke kom. Die venster het ek laat insit sodat ek aan die een kant ‘n werksbankie kan insit. Die venster sal ook nog moet diefwering kry.

So van houthuisies gepraat, ons was toe die naweek daar by die Vaalrivier, ‘n besoekie waarna ek reeds laas Maandag so skrams verwys het. Ek sal later met nog foto’s wys hoe mooi dit daar is. Vir nou net die enetjie:

DSCF2202

Die skool waar vroulief werk het ‘n paar jaar gelede ‘n rivierfrontplot daar by Lindequesdrif gekoop en dit as ‘n veldskool ontwikkel. In die paar jaar dat sy daar werk het dit nou al ‘n instelling geword dat ons so dan en wan ‘n naweek daar kan gaan uitspan. Die houthuisie in die foto is by die bure, die rooi kannas aan die veldskool se kant. Saam het dit net vir my ‘n mooi prentjie gemaak. Ek het ook terwyl ons daar is probeer om die woorde vir ‘n nuwe liedjie te skryf, met o.a. die lyntjie “Ons sal ‘n houthuisie hê by die rivier”, maar hoe ek die woorde ookal draai, hulle bly klink kommin.


Responses

  1. Jou houthuisie laat my aan ‘n sauna dink… Maar ek is seker as jy eers in hom gaan begin werk, gaan jy lekker sweet!! Maar om vir jou self iets te maak en te sweet is lekker, veral as jy terug staan en jy’s tevrede met die eindproduk… En ‘n mens kan maar partykeer bietjie jippo ook as dit moet!

  2. Oulik! Pasop net dat jy nie uitgeskop word soontoe nie.🙂

  3. LOL @ Rosa!😆 Ten minste kan jy dan in “style” slaap, en nie in die honde- of hoenderhok nie!

    Ons hou ook van DIY. En van shorcuts weet ons baie! Maar dit lyk heel gaaf.

    Skuus dat ek so min kommentaar lewer hier by jou deesdae, ek is baie besig, en gooi net so ‘n oog oral. Maar die blogs word so baie, ek probeer darem by almal uitkom eenkeer ‘n week!

  4. Jy’s baie oulik. Handige mans maak gewoonlik die beste oupas. Ja, moenie skrik nie. Ek weet jy’s nog nie ‘n Oupa nie (altans ek dink so), maar dit sal een dag dv gebeur en dan gaan Oupa Blok hobbel perde, pop huisies, ens bou dat dit bars. Geniet!

  5. Lol@Roer.

    Kop, ek wil ook ‘n hobbelperd hê as jy ooit eendag een bou. Ek wou kleintyd al een gehad het!

  6. eksie perfeksie
    Ek weet nie hoekom stress jy so oor die hoekie nie
    lyk vir my heel goed gedoen

  7. Heel oulik hoor, jammer ek was so bietjie aan die stil kant, maar ons is vrek besig, ek is SOOOO bly dit is Vrydag, ek is gedaan. Lekker naweek vir almal, o ja KRUIDJIE ek kan nie op jou blog in nie!!

  8. My Wendy wil ek nog omskep in of ‘n kamer of ‘n bar of sommer net ‘n kuier gat!

  9. Netjies! Dit lyk pragtig op die derde foto! Ek sal my pophuis daar begin..al my pixies and ander porseleinpoppe! Nou toe nou! Nou onthou ek ek HET ‘n paar foto’s van hulle hier! Sal hulle bietjie moet blog!😉

  10. hello
    my gamail willie oop nie vandaar my stilte
    oulik oulik
    ek moet biekie ‘n foto neem van die houthuis hier naby , beautiful, dis nou waar “fiddle fiddlesticks” en sy elf – “fiddling around” mos gebly het, ekt altyd daar verby gedraf heerlik, nou draf ek nie net gym

    bon soir


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: