Posted by: mykopop | Donderdag 28 Februarie 2008

Ek piepie nie

Ek piepie nie
op mense se batterye
of hulle kos nie.
Ek is nie
getransformeer
ongetransformeer
of anti-transformeer nie,
maar my kop is ook nie los nie.

Ek is net
en ek pis net.

© 2008 Chris van der Westhuizen

***

Die leser moet die ongewone kru taalgebruik verskoon. Desperate times call for desperate measures. My kinders is ontstel oor hierdie gedrag op die Vrystaat kampus- hulle sê dit affekteer al ons wittes. Ek vra net nie om verskoning vir goed wat ek nie gedoen het nie. Ek sou selfs in die 1970’s nie so iets aangevang het nie. Alleman, ek veroordeel sulke gedrag, maar ek veroordeel dit ook om op grond van velkleur saam veroordeel te word. Dit wat ek verstaan het in 1994 weggeneem sou word bestaan nou weer van die ander kant af – lyk my van daardie kant af is of word dit nie verstaan nie.

In die industrie waarin ek werk, word baie dinge wat voorheen op ander maniere gedoen is deesdae oor die sg. Internet Protocol (IP) gestuur. Soveel-so dat op ‘n konferensie wat ek in 2002 in Amsterdam bygewoon het, een van die verteenwoordigers van ‘n IP-maatskappy gesê het hulle CEO se leuse is: IP, therefore I am! Ek wonder net hoekom is ek in 2002 laas na so ‘n konferensie gestuur?

Ek is besig om gedigte uit te soek vir ‘n inskrywing met ‘n paar gedigte van D.J. Opperman. Lag is die beste medisyne. As jy kan, gaan lees sy gedig My Visj!


Responses

  1. Ek was ook gister hoogs ontstoke toe ek die “nuus” op BBC World sien. As ek een was vir klappe uitdeel het sou daai outjies moes gehardloop het. Idiote.

  2. Mykopop

    Ek kon eers in 2003 die eerste keer stem. Dus weier ek om enige skuld vir apartheid te aanvaar

  3. Kyk bietjie hier http://www.carpediem.co.za/henniestander/ wat Prof Hennie Stander gister en vandag oor die aangeleentheid te sê het.

    Jy’t my aangesteek met jou digbundels soek in tweedehandse boekwinkels. Ek het nou die dag een raak geloop in ‘n boekwinkeltjie in Benoni vir net R2!! Die boek is “Passieblomme – Verse van Totius”.

  4. Ek dink jou gedig is BAIE goed, nevermind die kras – somtyds MOET sekere dinge net so gesê word!

  5. Mooi gesê Blok.

  6. Chris ek ontken nie swart rassisme en al die slegte dinge wat tans met ons mense gebeur nie, maar vir my is dit nie reg om elke keer wanneer oor een soort rassisme gepraat word, die ander soort by sleep nie. Want dan kom daar niks van hand in eie boesem steek nie.

    Die ding van saam veroordeel word is moeilik. Want nie ek of jy kon dit wat by Reitz gebeur het, voorspel of verhoed het nie. Maar tog word ons saam met die Reitz studente gesien of ons daarvan hou of nie, en swart mense wil sien dat ons die rassisme van die Reitz studente veroordeel. Meer nog – hulle smag daarna om dit te sien. Net soos Afrikaners daarna smag om te sien dat swart mense plaasmoorde, en swart rassisme uit die geledere van die Engelssprekende ANC elite ensomeer veroordeel.

    So ek glo dat mens maar moet aanvaar dat jy as deel van ‘n groep gesien word, en as mense in jou groep verkeerd doen, moet jy dit beveg. Op ‘n ander dag kan mens teen anti-Afrikaner diskriminasie stry – vandag is nie die dag daarvoor nie.

  7. Nee Alleman, ek stem nie saam nie. Ek het nog nooit in my lewe in enigiemand se kos gepiepie nie, so hoekom moet ek hand in eie boesem steek? Ek het mos gesê ek veroordeel dit. Daar is nie sekere dae om teen sekere onregte te stry nie – ons moet alle onregte elke dag beveg.

  8. Hou baie van jou rympie! 8)

  9. rympiepie

  10. Daar’s baie om te se daaroor Chris,
    Maar ek dink jy se als in soveel woorde…

  11. “Sinneloos” is seker al wat hulle en die gepaardgaande gedrag kan beskryf.

  12. Is dit nie maar net politieke propaganda nie?

    Die video is in elkgeval in “episodes” gemaak . . . .

  13. Chris, ek voel jy interpreteer wat ek sê in persoonlike terme en dis nie so bedoel nie. Jy het mos jou afkeer uitgespreek – dis al wat nodig is, maar almal moet dit doen.

  14. Ek voel ook dat hand in eie boesem steek is nodig maar op ‘n oopkop manier. Ek is moeg om te hoor ek moet omverskonign vra vir ander mense se gedrag en ek is moeg vir “op-die-wa” springers wat maar te graag omverskoning vra. Die optrede is wlglik, dui op gebrekkige verstandelike vermoëns en waarskynlik op gebrekkig en/of geen opvoeding tuis. Ek het op my blog so paar sinne ook hieroor probeer skryf vir die wat sou belangstel. Die toenemende polarisasie van die demokratiese jeug stem my tot groot kommer. Ek het twee seuns van 17 en 15 jaar en soms skrik ek as ek hoor wat hulle en hulle vriende bespreek. Daar steek hand in eie boesem en vra waar het ek gefouteer ? Maar ek betigtig hulle nei direk deur alles te verbied nie maar probeer om openlike gesprek met hulle en hulle vriende te hou om te hoor hoekom hulle voel soos hulle voel. Dikwels kan dit met ‘n bietjie slim vraery terug tot by ouerhuis en veral ouers se stelleings teruggetrek word ! Ons ondervind natuurlik die hele probleem baie persoonlik deurdat een van die seuns in Hoërskool Akasia is…die berugte mes-steek skool !

  15. Jammer Alleman, ek het dit nie persoonlike teen jou bedoel het nie, net dat ek my opinie het, en dis nie om om verskoning te vra nie. Jammer, ek is sommer suur oor die hele besigheid, daar is genoeg wrywing, die laaste ding wat ons nodig het is dat ouens sulke dinge gaan aanvang. Wys jou ook net dat mens nie altyd van alles weet wat aan die gang is nie, en het bv. geweet die VF voer ‘n stryd op daardie kampus, maar ek het nie gedink daar bestaan nog iets soos “wit koshuise” in S.A. nie. Ongelukkig, soos Brullende Leeu ook sê. ons ondervind sulke dinge baie persoonlik, veral die van ons wat nog in S.A. woon en werk.

  16. MAG ek maar vir jou sê ek dink jou vers hier is UITERS goed geskryf??? die ongure aard van die insident ten spyt, of dalk juis!! 🙂

  17. Dankie Annelie, komende van ‘n versievorstin soos sy is dit vir my ‘n groot kompliment. My ander kuiergaste, as julle nie vir Annelie ken nie, gaan loer bietjie by http://annelieseversies.blogspot.com en julle sal sien wat ek bedoel – moet asb. nie dat die blogspot naam julle afsit nie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: