Posted by: mykopop | Maandag 25 Februarie 2008

Naweek tot naweek

vanmôre voel ek bietjie.
ek voel my prop is teruggesit.
dit was naweek ek het gelewe
baie gelewe, baie, maar dit was kort
baie illusies is nou ook sak-en-pak weer vort

maar dit sal weer naweek wees
die blikskryfmasjien sal tuisbly
ek sal boeke lees
by die vaal ou vuil ou stink rivier
ek hoor die kanoe’s is stukkend gebreek
so ons sal uitkyk oor die water
en boeke lees
en loer daar tussen die bome vir die riviervrou
en dalkies vir haar waai…

***

Ongelukkig kan ek nie vir julle laat luister na Roger Whittaker se weergawe van River Lady nie – die kitare is ongelooflik! Gaan luister maar hierdie nagemaakte weergawe as jy nie die liedjie ken nie. Anders, sing hom in jou kop. Ek hoor Frank Sinatra het hom ook gesing – vir my is Roger se weergawe genoeg. Een of ander Adams het die liedjie geskryf.

Water turns cold and gets ta freezin
Before you even know it
The old girls easin
Away from her berth
Round by the point
And out of our view
Off in the mist
Her engines woundin
Like on the banks
That old horns soundin
A little goodbye
A little I’ll do what I must do
A little goodbye
A little I’ll do what I must do


Responses

  1. Ai, jy’t ook te kort naweek gehad!

    Is dit nie vreemd hoe stadig 48 van Maandag tot Vrydag kan verloop nie, maar dig nou net ‘n Saterdag of Sondag aan daai 48 uur toe, en dit kry vlerke. Amper asof dit op Red Bull is.

    Ek is jammer jy voel vandag soos ek. En ek voel gladnie lus vir Maandag nie, hoor…

  2. Ai my naweek was een lang hel!

  3. Ai daai Maandag-prop…Mooi gedig

  4. Baie mooi, Kop! Ek loop heel naweek al met die liedjie “And I don’t believe in if anymore, if is for children” in my kop rond. Is dit nie ook Roger Whittaker nie?

  5. naweke is te kort vir my,voor ek op my tafel klim,moet ek weer af klim

  6. As jy asem intrek ..is dit Vrydag…as jy uitblaas, is dit Maandag..! Ai!!

  7. Dit voel of die pas elke jaar net al hoe vinniger word, is dit nie? Ons het besluit om hierdie jaar gereeld naweke weg te breek maar deksels… ‘n naweek vlieg ook hopeloos te vinnig verby!!

  8. […] Paar weke gelede het ek vertel hoe ek beton gegooi en plaveistene gelê het, toe vat ek ook te haastig daardie draai. Op die […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: