Posted by: mykopop | Woensdag 20 Februarie 2008

Catherine Jones CD Bekendstelling

Catherine JonesGisteraand was ons by Catherine Jones se konsert by UJ (die ou RAU) waar sy haar nuwe CD bekendgestel het.

Ek kon darem die een mooi fototjie van haar neem terwyl sy besig was om vir mense CD’s te teken. Ek het ook ‘n pragtige foto van vriende wat ons toevallig daar raakgeloop het saam met haar geneem – helaas, geen foto van my saam met haar nie!

Ons het haar toevallig in 2007 ontdek by ‘n huiskonsert waar verskeie jong kunstenaars opgetree het. Ons het toe haar debuut-CD Goodnight daar gekoop. Haar eerste CD was grotendeels in Engels, daar was net twee Afrikaanse liedjies op. Ongelukkig, die mooiste Afrikaanse liedjie wat sy gesing het, was nie daarop nie, en ek het vir haar e-pos gestuur. Gisteraaand het sy darem onthou dat ek van die Wilsontoffiesong gepraaat het! Die regte naam van die liedjie is Seerower se Skat. Ons het gisteraand elkeen ‘n sakkie met ‘n paar Wilsontoffies op ons sitplek gekry. Nee, ek gaan nie myne in ‘n boks bêre nie!

wilsontoffies

Die naam van haar nuwe CD is “Alles En Nog Wat!” – kyk, bo aan my blog staan mos nie verniet nie: Ek gesels oor dit en dat EN ALLES EN NOG WAT!

Hoe die konsert was? Ek het onlangs danksy Nikita weer begin skaak speel. Ons heel eerste spel is nog steeds aan die gang en het in ‘n titaniese stryd ontaard. Ek dink ek verloor, maar dalk is daar ‘n kans. Gisteraand voor die konsert het ek vir haar ‘n boodskappie gestuur, ons is op pad na die konsert, ek kan nie nou skuif nie. Na die konsert moes ek weer sê: Jammer, ek is te opgewonde, ek kan nie hierdie skuif nou maak nie!

Catherine Handtekening

Gaan kyk bietjie op haar webwerf! Kliek op NUUS om meer oor die nuwe CD te lees.


Responses

  1. En so hoor ek van die nuwe kunstenaars, dankie. Het juis gisteraand ‘n bietjie op itunes gekyk hoeveel van die ‘locals’ se goed is daar, en ongelukkig is daar nie veel nie. Hoe water my mond nou vir een van daai toffies🙂

  2. Nog nooit gehoor nie (ek dink), maar mooi pop. Sal gaan loer en luister. Miskien as ek een van haar liedjies hoor sal dit ‘n klokkie lui. Sien jou in skaakland…

  3. Jy moes daardie toffies gebere het! Ai tog, hoe lus maak jy nou vir Wilsons…die swarte en die witte… eissssshhhhhh, yummy!!

  4. Die engel van die hemel is my skool hoof en die awe-ste onnie wie ek ken. As jy haar eers ontmoet het dan like jy haar sommer onmiddelik. Die skool wat sy begin het se naam is El Zera Privaat skool


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: