Posted by: mykopop | Sondag 17 Februarie 2008

Kuier met Karin Hougaard

KarinGelukkig het ons ‘n dogter in die huis wat kuns as vak het, anders het ons vandag ‘n lekker ondervinding misgeloop! Sy moes, as deel van ‘n taak, ‘n onderhoud met ‘n kunstenaar voer. Sy hoor toe Karin Hougaard gaan uitstal in Alice Art Gallery in Ruimsig en besluit dis ‘n goeie geleentheid.

aliceart

Dit het ‘n rukkie gevat vir haar om ‘n onderhoud met Karin te kry, intussen het ons genoeg tyd gehad om die skilderye te bewonder. Ek is glad nie ‘n kenner van grafiese kuns nie, so ek kan glad nie ‘n opinie waag oor die werk nie, behalwe om te sê van hulle is vir my baie mooi. Die pryse van die skilderye het gewissel van R4 500 tot R35 000 vir ‘n stel van 3 groot skilderye. Die mooiste skildery vir ons, het wel ‘n prys van R26 000 gehad, maar ook ‘n notatjie wat sê “Karin hou hom”! Dit was van ‘n ou doringdraad en hek wat bietjie uitmekaarval met ‘n koei anderkant die draad. Die naam van haar uitstalling is Solo, dit was van Vrydag tot vandag. Teen die tyd dat ons geloop het, was die meeste skilderye verkoop

http://www.aliceart.co.za Van nou af sal ons meer gereëld daar ‘n draai maak.

Karin het terselfdertyd ‘n boek woorde sonder wysies uitgegee. Op die oog af lyk dit vir my soos vrye verse, en daar is ook van haar kunswerk in. Ons het die boek daar gekoop vir R250 en Karin het vir ons daarin geskryf – sien onderaan. Ek het nog niks in die boek gelees nie, ek sal miskien eendag iets daaroor sê wanneer ek het.

woorde sonder wysiesEk het gedink Karin sal net gou die boek vir ons teken, maar sy het ons toe genooi om te sit, en ons kon vir ‘n paar minute met haar gesels. Sy sê sy het die skilderye vir die uitstalling, die boek en ‘n CD alles klaargemaak in vyf maande. Toe sy klaar vir ons geskryf het, sê ek “Dankie, nou gaan ek hulle almal toonset!”, waarop sy my iets toegevoeg het soos “Ek slaat vir jou!”.

By die huis gekom kyk ons terwyl ons eet ‘n episode van Liriekeraai (ek het ‘n liefde/haat verwantskap met daai program) en sien tussen-in gelukkig Karin was op Kwêla die week, en jou wrintie ons kry dit gered en sien ook die paar minute daarvan. So as julle die skilderye daar gesien het – ek het hulle in “lewende lywe” gesien!

omnibus

Ek het so twee drie maande gelede Karin se CD “Omnibus” aangeskaf. Dis ‘n uitstekende koop met baie van haar grootste treffers daarop.

karin-handtekening


Responses

  1. Ek onthou haar. Die eerste keer dat ek van haar gehoor het was met daai liedjie “lui-lui telefoon, telefoon, telefoon, lui-lui” liedjie..dis nou as dit sy was, ek kan nie meer so goed onthou nie. Lyk my dis heeltemal in haar bloed om so kunstig te wees. Ek dink die waarde van kuns is ‘n inskrywing op sy eie werd!

  2. Hi Amanda, ek het ‘n sestienjarige dogter met net so besonderse (moeilik om te beskryf) stem soos jy en sy wil bittergraag jou liedjie “lui telefoon lui” sing. Hoe kan ons te werk gaan om ‘n backtrac van dit te kry (koop) Ek was op protrax se website maar daar is absoluut niks van jou liedjies nie.
    Baie dankie


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: