Posted by: mykopop | Donderdag 14 Februarie 2008

27 Valentines

Klokkies

Maak die boek oop…

Marietjie

En die deuntjie speel…

opwenorreltjie

Ons

14 Februarie 1981 – Ek en Marietjie spring Prins Charles en Lady Di voor met meer as 5 maande!

Wyle Oom Wilkie (Mnr. Wilkinson) het die foto’s geneem. Hy was ‘n goeie en bekende fotograaf in Upington. Dr. Jurgens Hendriks het ons in die huwelik bevestig.

Ek dink nie ons het destyds die implikasie daarvan besef om op Valentynsdag te trou nie. Dit was toe nog nie so kommersieël nie, om die waarheid te sê, ek dink dit het daardie jaar so begin word! Ons blomme was klaar bespreek by die bloemiste, maar ten spyte daarvan dat ons reeds betaal het, het ons bitter min blomme gekry, want hulle het skielik ontdek dis Valentynsdag. Vanaand wil ons graag lekker gaan uiteet, maar dit klink my ons sal met ‘n “set menu” tevrede moet wees.

Ek was darem bewus dat dit Valentynsdag was, en omdat ek Marietjie nie op die dag mag gesien het nie, het ek my jonger broer die oggend met ‘n Valentynsdagkaartjie na haar toe gestuur. My eerste kennismaking met Valentynsdag was op skool, toe ons Far From The Madding Crowd van Thomas Hardy as voorgeskrewe boek gehad het. Daarin stuur Bathsheba Everdene vir Mnr. Boldwood ‘n Valentynskaartjie. (Opsomming )

******

Op 28 Desember het ek bietjie gaan soek vir tweedehande digbundels, en by die huis gekom geskryf: ‘n Lekker Digbundeloes. Die laaste boek het ek egter biejtie virtueel toegedraai en daarop geskryf: Aan Ons . Hier is hy nou!

Rod McKuen - Valentines

Ons het hom vanaand oopgemaak en bietjie deurgeblaai. Hier is twee mooi gediggies:

Wood Smoke

The geese above the pond
already call out winter
and wood smoke comes
from all the houses
in the town.

We’ll move together then
and share the year’s last warmness,
swallowing the rain like brandy.

Boundaries

I love you enough
to let you run
but far too much
to Iet you fly.

I’ll let you walk
the block’s end
by yourself,
sail off on any lake
or silent sea,
but if I peer at you
as you go wandering,
know that I keep watch
for both of us.

I love you enough
to Iet you run
but far too much
to Iet you fly.

Aan die res van julle wat vandag maar net Valentynsdag vier: Gelukkige Valentynsdag!


Responses

  1. . . . en aan die ander mense vir wie die dag meer as net valetynsdag is. Baie geluk met die huweliks herdenking

  2. Ja, baie geluk!

  3. Baie geluk!!

  4. Boundaries…. dis baie mooi!
    Be blessed julle twee op hierdie, julle eie spesiale dag!

  5. Julle tweetjies is so oulik – dubbel geluk dan: gelukkige Valentynsdag en gelukkige Huweliksherdenking.

  6. baie geluk ou maat, ek is bly die dag beteken vir iemand iets…!

  7. Baie geluk met julle huweliksherdenking!! Hoop julle gaan julle spesiale dag baie geniet!! Pragtige liefdesgedigte!!

  8. Baie baie baie geluk!!

  9. Ek hou van hierdie romantiese MyKopOp. Baie geluk julle.

  10. Geluk! 8)

  11. Baie geluk. Doe so voort !

  12. Dubbel geluk aan julle tweetjies. Hoop julle kry ‘n lekker tafel met heerlike kossies vanaand.

  13. Happy Anniversary!

  14. Baie geluk en mag daar nog 27 en meer vir julle saam wees! Julle’s mos sommer ‘n “handsome couple”!

  15. Hallo Chris,

    Dat zijn leuke foto’s! Hartelijk gefeliciteerd met jullie huwelijksverjaardag🙂

    Far from the madding crowd van Thomas Hardy is een prachtig boek en werd ook mooi verfilmd.

  16. Baie geluk! ek hoop die dag was net so gevul met liefde soos elke een voor dit wat julle saam spandeer het..

  17. Mooi so! geluk!! hoop jy het nog 27×27!

  18. Harte gevul met sagte oe as julle na mekaar kyk. Monde tot oorlopens vol ondersteuning as jul kommunikeer.

    Want dis nog net 27 jaar, die half-pad merk le nog voor!

    Baie geluk!

  19. Baie geluk! Mag daar nog 1000de gelukkige jare saam wees.
    Ek hoop julle het die dag geniet.

  20. Baie dankie vir die mooi wense met ons huweliksherdenking.

  21. Ja, dankie julle klomp, julle is gaaf. Ons het ‘n heerlike aand gehad by ‘n Italiaanse restaurant. As een van julle ooit die behoefte het aan die dienste van so ‘n plek in Randburg, vra my.

  22. Bietjie laat, ek weet, maar my Donderdag het glad nie verloop soos ek gehoop het nie. My 15 minute afspraak was by die dokter het verander in amper die hele dag. Nietemin, baie geluk! 27 Jaar is ‘n groot mylpaal. Mag die Here julle nog lank vir mekaar spaar.

  23. i don;t know die wood smoke klink romanties, maar ekself hou van flying, so as mens soooo lank getroud is kry mens soms deffies die urge om te vlieg….sommer so ooor ‘n meer met die hemelse sang van reënvoëls jy weet
    dalk skryf marietjie secretly poësie
    kan mens ooit ‘n ander mens ten volle ke
    al is mens 50 jaar getroud
    surelly….somethings gotta gieve
    vaskoon
    eks biki van ‘n poet
    mar geluk!
    senté!
    skink maar nog champanje vir my ook

  24. Ek wens jou ook ‘n baie laat, maar baie opregte geluk met die 27ste huweliksherdenking en hoop daar sal ten minste nog 27 wees vir jou en jou pragtige vrou.

  25. Hi Chris,

    Het hierdie inskrywing baie geniet! Baie geluk aan julle, mag julle nog baie van mekaar geniet! Julle maak ‘n mooi couple.

    Groete


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: