Posted by: mykopop | Dinsdag 12 Februarie 2008

Nog ‘n storie

Ek het gisteraand gesien Rosalindfranklin het ‘n paar mense gevra om sinne 6, 7 en 8 op bladsy 123 van hulle naaste boek te gee. Ek het toe sommer my naaste boek gegryp en sommer in kommentaar by haar saamgespeel. Dit was toe nie ‘n storieboek nie, einlik lees ek nogal nie so baie storieboeke nie, meer digbundels en dan oor ander goed waarin ek belang stel. Ek hou daarvan om as ek met vakansie is, of ‘n langnaweek vat ‘n storieboek te lees om te ontspan.

Vanaand vra Wag-‘n-bietjie my toe om saam te speel. Ek maak toe sommer my kas hier bo my lessenaar oop, en die naaste boek is een waaroor ek al geskryf het, ek het die inskrywing genoem “Amper Matrone Nortje se Pa“. Hier is daardie sinne:

Die dam moet bokant Bethulie gebou word om die water met ‘n kanaal na ‘n studam en daarna na die tonnel op Slangkuil te bring. Daar is geen ander plek vir die tonnel nie, meen Lodewyk, en hy word skoon opgewonde as hy net daaraan dink.

Die mense wat langs hom sit, sien hy word bleek in die gesig.

Die kom uit “Vêr Vlam Die Oranje”, deur Dorothea Möller-Malan.

Ek tag vir Nikita (chessaleeinlondon.wordpress.com) – stuur hom bietjie aan Engeland en Indië toe! Sal jy so vriendelik wees om sommer by RF of w-‘n-b te kyk hoe die tag werk? Die skakels hierbo is direk na hulle inskrywings toe!


Responses

  1. hmmm… jy deel die keer die werk uit! Ek sal dit die naweek doen! Ons kuiergaste is nou vanaand terug SA toe! Gelukkig het ek 1 week vakansie volgende week, meer tyd en het ‘n pragtige boek van Joel Osteen van hulle gekry, in Afrikaans… lyk nogal indrukwekkend… sal so maak soos jy se van Indie…🙂

  2. […] was tagged by Kop to do a 123-Story… so here’s mine today! This tag works like this..you take the nearest […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: