Posted by: mykopop | Vrydag 8 Februarie 2008

Goeters wat my batterywater verflou!

Skoor het my (alweer) geTag! Kom ons kry dit maar so gou moontlik uit die pad uit:

1. SAP R/3 As jy nie weet wat dit is nie, gaan onmiddelik op jou knieë en sê dankie dat dit jou tot dusver in jou lewe gespaar is. Dis ‘n Electronic Resource Planning system uit Duitsland. Gelukkig werk ek maar min daarmee, anders weet ek nie of ek nog hier sou kon skryf nie. Is daar rekenaars en internet in inrigtings?

2. MicroSoft Windows en Office Ek is nie gemaklik met die monopolie wat hulle het nie. Miskien moet ek dit nie voor hulle deur lê nie, maar voor die deur van mense wat net eenvoudig aanvaar dis die enigste sagteware om te gebruik. Ek het op ‘n stadium by my huis al oorgeskakel na Linux, maar ongelukkig het ek ‘n skandeerder (HP…) waarvoor ek nogal baie betaal het, wat net nie reg wil werk in Linux nie. Ek het dit darem al reggekry by die huis om MicroSoft Office af te skaf, ek gebruik OpenOffice wat gratis is en alles kan doen wat ek nodig het.

3. Elektroniese wonders wat net hou tot dit onder waarborg uit is. Onder andere my HP M407 digitale kameratjie, waarmee die meeste foto’s op my blog tot dusver geneem is. Ek wou dit inneem vir herstel – die handelaar wil R200 hê vir koerierkoste net van hier tot in Midrand, of die kamera nou reggemaak kan word of nie. Hulle het my toe die nommer van die herstelsentrum gegee, maar tot dusver kon ek geen antwoord daar kry nie. Sien ook 4. Ek het ook sommer al klaar die gevoel as ek ooit by hulle uitkom gaan hulle my 60% van die kamera se prys vra om hom reg te maak.

4. Call Centres ‘n Konsep wat nie werk vir my nie. Die agent het gewoonlik net nie die kennis en inligting om jou te kan help nie. Dan is daar ook die (bv. MultiChoice/DStv) wat eenvoudig sê hulle kan jou nie terugbel nie. Nou moet hulle die inligting probeer bymekaarmaak, terwyl jy hulle weer op jou koste moet bel, al was dit oorspronklik hulle fout – en met iemand anders van voor af begin.

5. Die strokiekommando Winkels wat my goed wat ek klaar betaal het weer by die deur wil tel en inspekteer. Dis nou my goed, ek het klaar daarvoor betaal, ek het reeds tougestaan by die kasregister. Dis die persoon by die kasregister se werk om te kyk wat ek het en my daarvoor te laat betaal. As jy nie jou werksmense kan vertrou nie, moenie my tyd daarvoor kom mors nie! In die meeste gevalle stempel of teken die sekuriteitswag die strokie sonder dat hy sal weet of die goed wat ek het ooreenstem daarmee en mors so ‘n kosbare 30 sekondes of ‘n minuut, of selfs meer, van my tyd.

6. Taxi’s Die Suid-Afrikaanse soort. Veral as hulle in die geel baan verby almal jaag, of uit die linkerbaan regs draai.

7. Karwagte Ja, ek het ook simpatie met die ouens, maar regtig, as ek net vir 5 minute by ‘n winkel ingaan wil ek nie my kar opgepas hê nie. Eintlik is dit so met enige diens wat iemand aan my wil lewer: EK SAL VRA! (YouTube: Carwatch Camels)

8. Die aasvoëls van die pad. Eenkeer het iemand agter in my seun se motor vasgery. Nou het ek al rillers gehoor van wat die insleepdienste jou agterna kan vra vir hulle diens. Gelukkig het ek hom gesê om nie te laat insleep nie. Ek het self gaan kyk, die bakwerk was so teen die agterwiel vasgedruk dat die wiel nie kon draai nie. Die heel tyd wat ek daar was het een my lastig geval. Ek is terug huis toe, om ‘n graaf en ‘n 16-pond hamer te kry. Weer daar gekom, pak hy my weer, maar heeltyd is hy nie bereid om my ‘n kwotasie te gee nie. Vyf minute later het ek die bakwerk oorreed om ‘n sentimeter weg van die band af pad te gee en met die motortjie daar weggery. Weereens: EK SAL VRA!

9. Lang toesprake. As jy nie ‘n sentrale boodskap het nie, mors jy my tyd. As jy wel een het, behoort jy dit in 10 of 20 minute te kan weergee. 20 is eintlik bietjie baie, want as ek self met iets besig is kan ek miskien 45 minute lank konsentreer, maar as ek passief moet sit en luister dink ek nie dis veel meer as 15 minute nie. Een dag in ons kerk het ‘n oom opgestaan en vir ons vorige dominee gesê: Dominee, sien jy daardie ding teen die galery? Mens noem dit ‘n horlosie!

10. Engels Kyk, ek kan die skoonheid van die taal waardeer, ek het al in my jeug Shakespeare gelees en wil eendag nog graag weer. Die probleem is nou maar net dat ek in ‘n Afrikaanse gemeenskap grootgeword het en nooit ‘n gesprek in Engels gevoer het voor ek ouer as 20 was nie. Ek sal net nooit gemaklik wees in Engels nie. Ek het bv. agtergekom die enkele kere wat ek oorsee was, of oor hier, as ek die hele dag in Engels moet leef is ek daardie aand ekstra stokflou. Maar wat my die meeste grief, is Engelse mense wat so ekstra oormatig Engels moet wees! Hoekom kan hulle nie net by die standaarduitspraak probeer hou nie. En ander mense met aangeleerde Engels – neem nou ons ou buurman-president met sy Hitler-snorretjie, wat klink of hy meer tyd in ‘n finishing school as in die parlement deurbring. Nogal snaaks dat hy so gesteld is op sy uitspraak van die taal van die empaaier wat hy so haat!

Hmmm, vir al die bogenoemde is daar darem 3 dinge wat kan help: Hierso!

Dit raak nou al te veel werk om te kyk wie is getag en wie nie!  As jy nou nog nie getag is nie, nou is jy!


Responses

  1. Kop ja net jammer hier is so paar mense wat nie hierdie tag game wil saam speel nie. Seker maar te hooi op die vurk, kom dan nie by alles uit nie. Lekker naweek vir julle. Ja die taxi drywers is ‘n pyn in die agterend.

  2. Engels! ? Sou dit nooit van jou kon raai nie, Kop.

    Ai, daai oom, en die dominee for that matter, kan maar bly wees ek was nie in daardie kerk nie. Ek kan van lag in die kerk vertel dat dit ‘n naarheid is.

    Ek het dit heeltemal teen die aasvoels. Ook eerstehandse inligting van hoe hulle die inhoud van jou kar leegsteel, en van die ‘eenvoudiger’ deel van die dorp, na die elite deel trek binne ‘n paar jaar.

    Wys jou waar die geld le… Miskien moet ons ook maar ‘n insleep trokkie ketting-groep begin. ‘Only Honest tow-in’ of so iets. Ek wil ook ‘n swembad by my huis he!

    Leka naweek

  3. @Skoor: Dit sal seker ‘n Landy moet wees, nê! Ek..WIL..NIE..’N..SWEMBAD..Hê..NIE!!! Eers eendag as ek in die lekker Noord-Kaap bly. Ek het gisternamiddag ‘n geut staan en skoonmaak en amper het bome met vlieërtjies wat vorige inwoners geplant het ook die lys gehaal. Maar die bome is mooi en ek is jammer om hulle uit te haal en oor te begin.

  4. Oor lang toesprake. Wat my klaar maak is as die persoon sê: “In conclusion”….dan raak ek bly en dink, jipee, nog net 30 sekondes kan is dit klaar. En dan praat die ou nog 20 minute!

  5. Ek kry absoluut geen navrae oor ander bedryfstelsels as Windows nie. En op hierdie stadium is dit en Office my brood en botter. Dus kla ek nie.

  6. Ek is mal oor daardie stukkie musiek!!!!
    Dankie!!🙂

  7. ‘n Goeie lys Blok en ek stem oor daai aasvoEls.

  8. Ek stem oor daai nommer 5 van jou, dis ‘n bleddie irritasie.

    Oor die Engels – wat my ernstig de wetter in maak, is as ek Afrikaans praat met ‘n winkel-assistent of kelner en dan word ek teruggeantwoord in Engels en dan loop die persoon weg en praat Afrikaans met een van sy/haar kollegas. Ek sou gehou het daarvan om dan soos ‘n kleuter ‘n vloertamboer te kon uitvoer!

  9. Daardie stukkie musiek is regtig kalmerend.

  10. Hello, lekker gelees.
    Ek wil ook ‘n eiertjie lê oor punt 4 (call centres) en 7 (karwagte)
    Ons broadband wou nie werk, klaarblyklik weens die wanfunksie van die “wireless router” of so iets (ek is nie tegnologies aangelê of ingestel, so verskoon). WIl jy weet hoe lank ek moes wag om dit by Telkom gerapporteer te kry? een hele uur en ‘n half!!! (en nee ek het nie rerig so baie geduld nie, MOES net die konneksies weer opkry, so het geeeeen ander uitweg gehad) Wat sê hulle my? – ek moet dit by Telkom self loop ingee, dan ruil hulle dit gou gou vir my om. Gaaf – ek dog ek hardloop VINNIG in en gooi nie geld in die parkeermeter nie. Ja reggeraai, 4 minute later het ek ‘n parkeerkaartjie van R200 in my sak en ‘n karwag wat my vies aankyk, oor hy gesê het hy wil kyk en ek hom duidelik laat verstaan het dis nie nodig nie… dink jy karwagte en die boetebessies werk saam?

  11. Dankie Annelie, van Telkom ADSL kan jy my niks vertel nie, hulle het my al gedryf om daardie storietjie Speelgoed Uit Die Warm Plek te skryf! Partykeer werk die telefoon maar nie die ADSL nie, dan bel ek en sit my rekenaar se mikrofoontjie op die telefoon se handstuk om te kan hoor wanneer hulle antwoord! Ek het gevind so 7-uur in die oggend antwoord hulle nogal vinniger. Ek probeer ook om elke keer as ek ‘n verwysingsnommer gehad het die ADSL-huur vir die tydperk terug te vra – moeite, maar dalk werk dit, want ons s’n werk nou al ‘n hele rukkie. “Touch wood!”

    Daai “conspiracy-theory” van jou kan reg wees, of die karwag doen dit net uit “spite”.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: