Posted by: mykopop | Maandag 4 Februarie 2008

Vat Vyf!

Ek is alweer getag!

Hierdie keer kom dit van Nikita, die versoek was om skakels te gee na vyf gunstelinginskrywings op my blog. Dis nie so maklik nie, aangesien ek nou al so 130 inskrywings het, en ek altyd ‘n inskrywing maak net omdat ek dit geniet. Nietemin, VAT VYF!

1. Net vir die lekkerte, een van die gediggies wat ek self geskryf het: Donker Tjoklit.

2. Een van my eerste inskrywings, Huis met ‘n Hartomleiding. Dis eintlik ‘n doen-dit-self beskrywing, maar nie-selfdoeners mag dit ook komies vind.

3. Bome, byle en Oupa Krisjan se skafie. Sommer ‘n stukkie oor ‘n gereedskappie wat ek van my oupa geërf het, toe ek ‘n prentjie daarvan in ‘n gratis e-boek oor houtwerk raakgeloop het. Seldsame foto’s uit die boek ingesluit.

4. Een van my vroeë inskrywings het gegaan oor ‘n gedig van Breyten Breytenbach, ek gaan hom nie nou noem nie, maar met my rondlesery op die internet het ek bewus geraak van die digter Cas Vos, en later sy nuutste digbundel, Die Afdruk Van Ons Hande gekoop. Ek weet nie van enige ander digbundel wat in die afgelope jaar in Afrikaans verskyn het, wat hierdie een se gelyke is nie.

5. Ek skryf nou en dan iets oor ‘n CD wat ek gekoop het. Ek het so gemaak met die CD Catherine Jones – Goodnight, en wil sommer die geleentheid gebruik om reklame te maak vir haar konsert waar haar 2de CD bekend gestel sal word. Die konsert is op 19 Februarie in die ouditorium van die Universiteit van Johannesburg. Kaartjies kos R85 en is beskikbaar by Caren Kotze, 082 855 6096. Haar eerste CD het net so 2 of 3 liedjies in Afrikaans opgehad, ek het verstaan die tweede een is heel in Afrikaans. Sy skryf haar eie lirieke en musiek.

Ek Tag die volgende persone:

Corli van der Merwe
Duskant Sutherland
Rosalindfranklin
Basil
Wag-‘n-Bietjie

Hulle is maar taamlike lukraak gekies, so hulle moet nie verskriklik geëerd voel nie, en ander wat nie gekies is nie moenie afgeskeep voel nie, die kans is goed dat hulle jou sal tag. Ek het veral probeer om nuwer if stiller bloggers te kies. As jy nog nie vyf geskikte inskrywings het nie: hou ons besig – hou ons aan ‘n lyntjie solank jy nog inskrywings publiseer en gee dan jou antwoord op die tag!

So wat jy moet doen is:

1) Gee skakels (“links”) na vyf van jou eie gunsteling inskrywings.
2) Tag vyf ander bloggers.


Responses

  1. Hi Kop… alles baie interessant… soos gewoonlik! Daardie gediggie is cute…wanneer kom daar weer so een!😉

  2. Dankie Nikita, daardie goedjies kom baie selde en baie ongereëld, en ook baie onverwags. Al wat ek doelbewus in die vooruitsig stel is die een oor Bobby Fisher.

  3. […] by ‘n huiskonsert waar verskeie jong kunstenaars opgetree het. Ons het toe haar debuut-CD Goodnight daar gekoop. Haar eerste CD was grotendeels in Engels, daar was net twee Afrikaanse liedjies op. […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: