Posted by: mykopop | Saterdag 2 Februarie 2008

E-pos van Laurika!

Ek het vandag seker die warmste dag tot dusver hierdie jaar gekies om ‘n betonblad te begin gooi – alleen, sonder hulp. Toe amper klaar was, wou ek ‘n ou plank gebruik om bo-op die beton te klim om dit gelyk te skraap. Die plank was bietjie vol sand, en ek gee hom sommer ‘n hou teen die betonheining om hom skoon te kry. Toe dink ek weer aan die e-pos wat ek so ‘n uur vroeër van Laurika gekry het, nadat ek haar vanoggend van my inskrywing oor haar CD ingelig het. Mmmm, dink ek – dis wat ek so pas met my naam gedoen het! Hier is ons korrespondensie:

HI Chris

Baie dankie vir die resensie en die moeite wat jy daarmee gedoen het. Dit bly bevredigend vir ‘n mens om terugvoer te kry. Nogmaals dankie.

Vriendelike groete

Laurika

(NS: Wonder net wat jou die indruk gegee het dat Blou Kafee deur Anna Davel geskryf is? Ek hoop nie ek het iewers ‘n fout gemaak nie?

L)

——————————————

Dankie Laurika,

Jammer, ek maak dit reg! Ek is amper seker ek het in ‘n winkel ‘n CD van haar gesien met die naam, nou sien ek dit nêrens op die net nie. Ek dink dis Steve wat op sy spoegblog iets gesê het van die afwesigheid van ‘n subredakteur… Ek en my vrou het laasjaar Feb. lekker geëet by Die Blou Nartjie in Calvinia.

Ai, maar ek moes ‘n link inkry na my limerieke ook – so jammer om ‘n goeie storie met feite te bederf.

Baie dankie vir jou email.

Groete,

Chris

2008/2/2 Laurika Rauch <laurika by laurikarauch punt com>:


Responses

  1. Miskien moet jy nie Laurika se epos so plaas nie, maar eerder iets soos laurika by laurikarauch punt com. Anders gaan sy dalk nie baie beïndruk met jou wees as sy ‘n klomp spam begin kry nie😉

  2. Ja George, ek doen dit gewoonlik so, ook met my eie in my kantlyn, maar die oorweging was dat Laurika hom presies net so op haar webwerf het.

  3. wat het toe met die bouery gebeur?

  4. Die eerste kwart van die betonblad (vir ‘n Wendy) is klaar gegooi. Ek moes lelik keer met plastiek toe hier skielik ‘n donderstorm opkom.

    George, ek het dit maar so verander, ek soek nie moeilikheid wat kon gebly het nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: