
Met ‘n groot kragverskaffer soos Eskom
sal ons kuikentjies ooit uit die nes kom?
sal ons ooit ons druiwe
na die EU kan skuiwe?
of sal hieruit vir iemand ‘n les kom?
© 2008 Chris van der Westhuizen (https://mykopop.wordpress.com)
Enige kopiëring asb. slegs MET kopieregkennisgewing!
Waar gaan dit eindig. Ons gemeente wil kyk hoe kan ons deel wees van die oplossing. Ons het vanoggend bietjie van ‘n dinksessie daaroor. Sal dalk bietjei daaroor “blog”. groetnis – en dankie!
By: attie on Dinsdag 29 Januarie 2008
at 7:39
eh eh eeeh!
By: anne on Dinsdag 29 Januarie 2008
at 14:36
🙂
By: boerinballingskap on Dinsdag 29 Januarie 2008
at 15:14
Eskomland, vat my hand
Lei my na die donker kant
As jy vir my kan sê waar ons krag lê
Eskomland vat my hand……
By: Louw de Twak on Dinsdag 29 Januarie 2008
at 19:47
Rose is rooi
Viooltjies blou
Eskom het gedooi
Die land het gevou
Maar die see is nog mooi
en die lig is nog blou
solank ek en jy leef
sal ons aan die land klou
By: Roer on Dinsdag 29 Januarie 2008
at 20:33
snaaks. dankie.
By: bongi on Dinsdag 29 Januarie 2008
at 20:53
Baie oulik!
By: labmuis on Woensdag 30 Januarie 2008
at 0:15
Fyn detail!
By: skoorblok on Woensdag 30 Januarie 2008
at 11:59
Nou is China nie eers meer ‘n opsie nie…..hulle het ook probleme met hulle krag 🙂
Roer 🙂
By: Marina on Woensdag 30 Januarie 2008
at 13:49
Wel…ten minste maak Eskom julle baie kreatief!
Terloops, ten minste kan China hulle kragonderbrekings op die ekstreme winterweer blameer.
By: boerinballingskap on Woensdag 30 Januarie 2008
at 14:12
Hi kop…te oulik man! Jy’s getag…sien my blog!
By: Nikita on Woensdag 30 Januarie 2008
at 22:51
[…] Nou hoor ek oor die radio hulle se “daar is tekens dat munisipaliteite meer krag bespaar”. Is daar tekens of bespaar hulle meer? Is daar genoeg krag of is daar nie? Ek is so verstom ek kan nie nog ‘n limeriek uitdink nie, so lees maar weer Ons Es Kommin! […]
By: Opwenkrag (4) - Dankie Eskom! « My Kop Op ‘n Blok! on Donderdag 1 Mei 2008
at 8:16
Is dit blote toeval dat die ou spindokter Funny Zullu (funny, but nobody is laughing 🙂 )op 01 Mei 2008 sy pos by Eksdom opneem, en dat Eksdom nou die aankondiging doen?
Glo nie so nie. Hulle gaan die land en sy mense vang met hierdie slap riem. Al wat opgeskort is, is die geskeduleerde verkragting. Dit word nou weer omgeskakel na ongeskeduleerde verkragting. Daar sal geen manier wees vir enigiemand om te bepaal wat die stand van die netwerk is nie, en die wettige misdaad sindikaat kan doen net wat hulle wil.
Sodra die koue kom, en dit is net om die draai, gaan ons gepooitjie word en in die duister beland.
By: Bolander on Donderdag 1 Mei 2008
at 17:25