Posted by: mykopop | Dinsdag 29 Januarie 2008

Ons Es Kommin

Met ‘n groot kragverskaffer soos Eskom
sal ons kuikentjies ooit uit die nes kom?
sal ons ooit ons druiwe
na die EU kan skuiwe?
of sal hieruit vir iemand ‘n les kom?

© 2008 Chris van der Westhuizen (https://mykopop.wordpress.com)
Enige kopiëring asb. slegs MET kopieregkennisgewing!


Responses

  1. Waar gaan dit eindig. Ons gemeente wil kyk hoe kan ons deel wees van die oplossing. Ons het vanoggend bietjie van ‘n dinksessie daaroor. Sal dalk bietjei daaroor “blog”. groetnis – en dankie!

  2. eh eh eeeh!

  3. 🙂

  4. Eskomland, vat my hand
    Lei my na die donker kant
    As jy vir my kan sê waar ons krag lê
    Eskomland vat my hand……

  5. Rose is rooi
    Viooltjies blou
    Eskom het gedooi
    Die land het gevou
    Maar die see is nog mooi
    en die lig is nog blou
    solank ek en jy leef
    sal ons aan die land klou

  6. snaaks. dankie.

  7. Baie oulik!

  8. Fyn detail!

  9. Nou is China nie eers meer ‘n opsie nie…..hulle het ook probleme met hulle krag🙂
    Roer🙂

  10. Wel…ten minste maak Eskom julle baie kreatief!
    Terloops, ten minste kan China hulle kragonderbrekings op die ekstreme winterweer blameer.

  11. Hi kop…te oulik man! Jy’s getag…sien my blog!

  12. […] Nou hoor ek oor die radio hulle se “daar is tekens dat munisipaliteite meer krag bespaar”. Is daar tekens of bespaar hulle meer? Is daar genoeg krag of is daar nie? Ek is so verstom ek kan nie nog ‘n limeriek uitdink nie, so lees maar weer Ons Es Kommin! […]

  13. Is dit blote toeval dat die ou spindokter Funny Zullu (funny, but nobody is laughing🙂 )op 01 Mei 2008 sy pos by Eksdom opneem, en dat Eksdom nou die aankondiging doen?
    Glo nie so nie. Hulle gaan die land en sy mense vang met hierdie slap riem. Al wat opgeskort is, is die geskeduleerde verkragting. Dit word nou weer omgeskakel na ongeskeduleerde verkragting. Daar sal geen manier wees vir enigiemand om te bepaal wat die stand van die netwerk is nie, en die wettige misdaad sindikaat kan doen net wat hulle wil.
    Sodra die koue kom, en dit is net om die draai, gaan ons gepooitjie word en in die duister beland.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: