Posted by: mykopop | Woensdag 23 Januarie 2008

Mnr. Duskant

met ‘n enkele knoppie

toor hy en verf hy

met ‘n enkele knoppie

ruk hy ons

deur ‘n kuberpoort

tot anderkant duskant

tot daar waar ver is

ruk hy ons oor ‘n afgrond

van ongeloof

oor pompe en Pompies

en wolke wat vlam

of wat pienk is

© 2008 Chris van der Westhuizen

**********

Hierdie paar woorde het ek oorspronklik as ‘n kommentaar gelewer op sy blog, Duskant Sutherland by sy inskrywing “Ignorance is bliss…” (meer foto’s daar!), op 21 Januarie 2008. Die foto’s hierbo behoort aan hom. Nadat verskeie ander kommentaar gelewer het oor hoe mooi dit is, en Boer-in-Ballingskap gesê het “…as jy elke keer dieselfde comment lees, weet net dis nie gecopy en paste nie“, kon ek nie nog ‘n kopie van die ander kommentare lewer nie! Dit het my ook nie langer as 5 minute of so geneem nie.

Duskant het ook gevra hy wil dit as ‘n inskrywing te plaas, en ons het besluit om dit saam te plaas en so hopelik bloggeskiedenis te maak. Dit het by hom verskyn as “…[ongetiteld]“.

Aan Duskant: Onthou net my kommentaar is nie noodwendig meer werd as die ander s’n nie, ons waardeer almal dit wat jy met ons gedeel het, dat jy ons meegevoer het. Ek probeer altyd deur my kommentaar my opregte belangstelling in die skrywer se plasing toon en ek voel ons ander blogmaters ook. Jou kiekies is beslis meer as net bewyse van die feit dat jy ook daar was! Dankie.


Responses

  1. WOW Kop! Sjoe, maar julle manne hier op die blogs kan nogal mooi woorde skrywe!

    Wou nog sê – jy het my finaal oortuig dat ek Augrabies moet gaan sien – dis ongelooflik mooi.

  2. Ek stem. Dis mooi woorde! Daai foto’s is regtig besonder.

  3. Het reeds gese: Mooi woorde….saam met hierdie foto’s, selfs mooier!

  4. Ek vrek oor woorde in enige kleur! Woorde moet vision hê – dit moet jou laat proe of voel of sien. Dankie vir jou kuier daar by my! jy praat ‘in tale’ daar met my (tegnies baie blonde)… sal bietjie my system admin vra vir hulp i.v.b met die ‘atom’voer. Nooi vir Jo-Ann (joanns.wordpress.com) om na jou windpomp te kom kyk! Sy sal in vervoering wees!!

  5. Mooi so!! Wat het ek jou gese!!😉

  6. En geskiedenis is gemaak…!
    Baie dankie – en baie mooi!😉

  7. Hier is ‘n paar baie talentvolle bloggers onder ons!!! Baie mooi!

  8. Dankie aan almal vir julle mooi woorde oor die paar woordjies. Dankie weer, Duskant, maak weer so met jou kiekies asb. – nou het jy natuurlik ‘n sekere standaard gestel…

  9. […] dankbare man. Hopelik sal ‘n vaardige woordkunstenaar soos mykopop binnekort, en soos voorheen, die lof van die digitale prentjies deur hierdie speelgoed gemaak, […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: