Posted by: mykopop | Dinsdag 22 Januarie 2008

Deure met Geure

deure

Aan die einde van laasjaar se werkseisoen het ek gewys dat ons huis se hoofkombuis op die oomlik nie bestaan nie: Huis met ‘n abbahart!

Die volgende stap was om die deure met hulle rame te kry wat tussen die kombuis en die TV-kamer en tussen die kombuis en die gang moet kom. Na ‘n lang gewik-en-weeg en ‘n gesukkel het ek hulle gister van Rutherford Joinery af gekry, of liewer van ‘n handelaar wat hulle aangewys het. Ai, hulle ruik so lekker!

Maar alles is nie sonder probleme nie. Die gewone enkelkosyn wat by die gang moet kom het ek bestel met ‘n drumpel en dit het sonder een gekom. Die twee deure se hout, alhoewel alles veronderstel is om van merantihout gemaak te wees, is baie ligter as die rame. Ek is nie baie lus om vir ‘n gesukkel om hulle te kleur nie.

Op die foto staan die raam met twee kantvensters agter. Dit kom tussen dit kombuis en TV-kamer. Die twee deure wat voor hom staan kom een daarin, en die ander een by die gang. Het ek en Marietjie gisteraand sports gehad om daardie groot raam in die huis te kry! Ons het nooit daaraan gedink nie. Die enigste plek waar ons hom in die huis kon inkry was by my studeerkamer se glasskuifdeur, as ons hom skuins draai. Maar daar sit hy toe in die studeerkamer vas! Ek moes toe net die binnedeur van die studeerkamer eers uithaal om hom daar deur te kry. Toe, om hom van die abbahart-kombuis by die drie trappies op te kry! Dis net ‘n opening sonder deur en ek het amper later oorweeg om die sement bo ‘n bietjie weg te kap, maar met ‘n bietjie heen en weer draaiery het ons hom net-net deurgekry. Regtig net-net!

Ek sal nog probeer om die deure en ander kosyn om te ruil, maar nou kan ek ten minste begin om daardie groot raam in te bou.


Responses

  1. Jy wil nie daar by ons kom “piece-job” nie? Liefie is baie handig en ons DIY lekker, maar ek raak nou vir myself té handig vir ‘n dame (ons moet eintlik mos net die koffie kan maak).

  2. Jusjane, jy het net twee kanse daarvoor – en hulle is ALBEI NUL!

  3. Wow Kop – dit lyk my jy is ‘n doring met jou hande! Jy wil nie dalk vir my ‘n mooi houttafel bou nie?😆

  4. @Sonkind: Ek het hulle darem net bestel met ‘n browser en ‘n telefoon! My voorneme is om te probeer as ek met die kombuis klaar is, om nooit weer sulke groot werke aan die huis self aan te pak nie. Maar ek wil nogal graag bietjie beter leer houtwerk doen en liewer as ‘n stokperdjie goed maak waarvoor daar geen druk is om klaar te kry nie. Miskien “…a table made with nails and pride…for my children”! Nee, ek sal nie spykers gebruik nie en het liewer ‘n paar ander goed in gedagte!

  5. Son, jy soek ‘n tafel? Kontak my, ek weet waar om te kry…

    Kop, die opwinding van nuwe dinge, dis altyd wat my soms, net soms, nog soos ‘n kind maak voel! Geniet die werkery. Jul huwelik nog sterk? Daar word mos geseg ‘n huwelik wat ‘n bouery of aanbouery, of verbouings oorleef, is rotsvas!

  6. Skoor – my pa bly in Wellington en nadat hy afgetree het, het hy begin hout restourasie werk doen en dit is nou al ‘n hele besigheid op sigself. Hy is 72 en hy werk nog elke dag voluit. Hy het al Girls High se deure en vensterrame gerestoureer.

    Hy belowe my nou al 2 jaar lank ‘n houttafel, handgemaak. Maar jy weet mos, die skoenmaker se kinders loop kaalvoet!😆

  7. Sonkind, as jou pa weer by jou kom, speel vir hom Neil Diamond se Morningside en sê hy moet goed luister!

  8. Ek en liefie het elke keer huweliksberading nodig as ons so iets aanpak. Deesdae maak ons ‘n lysie en laat die buurt se DIY man dit ten duurste kom reg maak so een maal ‘n jaar, want ons huwelik is meer werd. Sterkte! Soos Skoor se^. Julle huwelik is duidelik rotsvas.

  9. […] Huis met ‘n abbahart, oor die ekstra tydelike kombuis wat ek gebou het met die ou kaste, in Deure met Geure, hoe ek gesukkel het om die regte deure uit die verskaffers te […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: