Posted by: mykopop | Dinsdag 22 Januarie 2008

Augrabies Weelde

Ons was in Desember vir ‘n dag en ‘n nag by Augrabies. Hierbo is die voorblad van ‘n boekie van Pieter van der Walt wat ek by die aandenkingswinkel gekoop het. Hy verskaf interessante inligting oor die geskiedenis van die Augrabies nasionale park, asook Riemvasmaak. Daar is ook ‘n afdeling genaamd “Geologiese Leerskool”.
Daarna word al die plante wat in die park voorkom bespreek, met foto’s. Vervolgens word bespreek soogdiere, voëls, reptiele, slange, paddas, visse en ongewerweldes (tot die riviermuggie). Die klem val egtertaamlik op die Augrabies-platakkedis wat net hier voorkom – sien op die voorblad. Verder aan het ek my eie foto en sal daarby nog meer daaroor sê.


Een bladsy uit die boek, net om te wys hoe die verkillende plante bespreek word.

Die agterblad, met ‘n beknopte CV van die skrywer. In die boek word die naam genoem van Mnr. Gawie Moen as ‘n bron van inligting en van die foto’s. Toevallig kry ek vandag ‘n kommentaar van Leon Croukamp en sien dat hy by dieselfde organisasie is waar ek gisteraand iets oor Mnr. Moen op ‘n soekenjin gekry het. Ek was geïnteresseerd, omdat ons op Upington ‘n Mev. Moen as orrelis gehad het. Leon ken wel vir Mnr. Moen, maar is nie seker of daar ‘n familieverband is nie. Indien iemand belang stel in die boek, ek gee die inhoudsopgawe heel onderaan.

My eie Augrabies-foto’s:


Kort nadat ons by ons twee huisies afgepak het, het die klipspringertjies ons kom verwelkom. Kyk mooi, daar is drie.


‘n Redelike standaard foto van die hoofval.


Daar is deesdae loopplanke en dekke wat mens se veiligheid verseker. Ek
onthou dat ons na die valle gaan kyk het toe ek ‘n kind was en daar
absoluut geen fasiliteite was nie. Ek kon dit plek kry waar ons altyd
stilgehou het – dan was daar ook net een of twee motors.
Vandag is dit ‘n bedrywige vakansieoord met baie blyplekke en ‘n groot restaurant.


Rotse en water…


…rotse en water…


…ek kan nie genoeg kry nie!


Sien ek twee dinosourusse se spore?


Lyk of ‘n dinosourussie hier met sy voor ek agterpoot in die gemelte rots gaan sit het.


Gek Dwaas…


Die ravyn, soos gesien vanaf ‘n plek met die naam Ararat.


Lê daar ‘n man op sy rug in die water?


Sien jy ook ‘n lelike ou met ‘n plat gesig?


Die water doer onder in die ravyn, deur ‘n venster in die rots.


Nog steeds by Ararat…


…en ek en Marietjie gebruik die kans om onsself te laat fotografeer.


Ek hou van die foto van die veld.


Die klipspringertjies doen wat klipspringertjies doen.


Daar is baie van hulle.


‘n Springbok poseer vir die kamera.


In verskillende posisies.


Volgens die gidsboekie is daar kameelperde, maar ons het hulle nie gesien nie.Ek wonder of dit hulle is wat die kokerbome so vreet.


Hierdie dassie het besluit dis lekkerder om in die skaduwee te lê as om in die
son te bak soos hy veronderstel is om te doen.


Die Augrabies-platakkedis kom nét hier voor. Dis net die mannetjie wat die mooi kleure het. In die boek word die akkedis bespreek onder die volgende opskrifte:

Die reënboogakkedis

Seksuele konflik

Die belang van kosbronne: riviermuggies en paringsukses

Alleenloper-mannetjies

Seksuele teistering

Vroulik-lykende manne

Manlike wedywering en status-logo’s

Akkedis-bure


Nadat ons by die park weg is, het ons gou-gou deur die dorpie Augrabies gery.
Dit lyk heel ontspanne, as perde in ‘n kampie regoor die poskantoor kan wei.


Hierdie koppie lê net buite die dorpie. Volgens my ma, wat in die omgegewing grootgeword het, word hy Renosterkop genoem.

********************************************

Inhoudsopgawe van Augrabies Weelde, deur Pieter van der Walt:

Augrabies en Riemvasmaak in ‘n neutedop 2
Die rivier se storie 5
Die Augrabies karakter in wording. 8
Geologiese leerskool 17
Metasedimentêre of paragneis gesteentes. 19
Stollingsgesteentes. 22
Resenteafsettings 30
Die lekkerte van naamgee 30
Augrabies legendes 31
Nasionale park status. 32
Herkoms van Riemvasmaak 34
Bewaringsdoélwitte 35
Ekologiese kruispad 35
‘n Plantryke prikkeling 36
Augrabies-plantprofiel 37
Ranteveld 38
Bulteveld 42
Dreineringsvlakke 48
Gediertes van ‘n ander aard 55
Soogdiere : 55
Voëls 56
Reptiele. 57
Land- en waterskilpaaie 57
Akkedisse 57
Die Augrabies platakkedis-deur Martin Whiting …58
Slange 63
Paddas 64
Visse 64
Ongewerweldes 64
Lyste:
Blomplante 66
Soogdiere 69
Voëls 70
Reptiele. 71
Visse 71
Paddas 71
Verwysings 72

Die boek is uitgegee deur:Info Naturae, Posbus 31899, Totiusdal, 0134.


Responses

  1. Baie baie dankie, dis ongelooflike woorde…
    http://duskant.wordpress.com/2008/01/23/ongetiteld-2/

  2. Dankie

  3. My hart trek nou sommer ‘n punt! Ek het eenkeer daar oorgebly (lank terug) en dit baie geniet!

    NS: jou gedig vir duskant is mooi

  4. Kyk, as die dassies confused raak oor waar hulle eintlik veronderstel is om te le, dan is die einde naby!🙂

    Dit was ‘n lekker trippie down memory lane – ek het nou net ‘n inskrywing oor die area gemaak in my comments, en hier het jy sommer ‘n hele fotoversameling met snaakse onderskrifte!

  5. Pragtige foto’s! Nou weet ek ook hoe dit daar lyk!! Hou so aan man!

  6. Mooi fotos warm daar maar indrukke en die gedruis vannie valle …my ouma mieta (1900 – 1970) en haar tweelingsussie Annie het daar uit die valle water geskep vir hulle huis daar naby … sy het altyd die storie vertel dat een moes skep en die ander ene moes ‘n been en arm vashou …dit was nogals gevaaaarlik

  7. […] Park, Nico van der Walt. (Terloops, ek vermoed hy is dalk familie van die skrywer van die boek Augrabies Weelde, waaroor ek onlangs geskryf het.) Daar hardloop elke sekond ‘n blink streep oor sy […]

  8. […] Ons het besluit ons is lus om in Desember 2009 weer Augrabies te ervaar, soos twee jaar gelede.  Gelukkig kom die besluit toe bietjie laat, en ons kon nie weer slaapplek in die park kry nie.  […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: