Posted by: mykopop | Saterdag 12 Januarie 2008

Jackson Pollock in die Laan

Nie ‘n krieketspeler nie, maar ‘n invloedryke Amerikaanse skilder, 1912-1956. Die skildery van hom hier bo se titel is Stenographic Figure, http://www.ibiblio.org/wm/paint/auth/pollock/

Ongelukkig moet ek erken ek kyk nog steeds 7de Laan. Reeds vroeg in Desember dink ek het Helena die ouens van die “band” Naamloos genader om op te tree by die opening van haar galery. Die naam Jackson Pollock is genoem.

Terwyl ek met vakansie was, het ek ‘n ou Senior Verseboek by my gehad en terwyl ek daardeur blaai kom ek af op die gedig van Sheila Cussons:

Jackson Pollock

vinnig
van humeur
met vrouens
met verf
met motors
vinnig met sterf
op veertig

elke trek van daardie gesig
‘n geveg met elke trek
elke gevoelige grimas
‘n aandagtige wrewel

vinnig met die werwels op
uit ‘n senuwee-plexus van kleure
skiet skielike kneukels en foeter
‘n skewebek skewer

gemartelde mens van dis more is
klankspanning plektrum snaar

seer
is seerder dunner die nerf

en oë infrasien
wit het veertig skakerings swart het
en wit het meer

elke trek van daardie gesig
mismoedig gee elke gesig ‘n klap

en die lap van ‘n lewe vrewe
sy twee hande aan verf
af haastig
en frommel op
veertig jaar

Teen die einde van die afgelope week het die opening van die galery naby begin kom en Helena het druk op Naamloos begin uitoefen om reg te wees vir hulle optrede. Diederik het probeer om hulle uit te draai, maar dit lyk asof hulle vinnig plan sal moet maak. Die naam Jackson Pollock is weer genoem. Nou wonder ek wat die 7de Laan-skrywers beplan, en of een van hulle ook deur ‘n ou Senior Verseboek of ‘n versamelde werke van Sheila Cussons geblaai het.

Foto: Monroe Gallery Of Photography

Naskrif: Ek het gedink “galery” word in Afrikaans ook met 2 l’e gespel – Firefox se speltoetser het my reggehelp.

 


Responses

  1. Elke keer as ek op ‘n Pollock of ‘n Picaso afkom dan dink ek weer wat Crocodile Dundee vir die kuns kenner gesê het in die laaste fliek toe hy ‘n Picaso vir die eerste keer sien:

    “I’m a drinking man meself, but I’ve never been that hammered!”

    Ek self is ‘n “impressionist” junkie met ‘n teer punt vir antieke Fresco’s. Maar ai, kontemporêre kuns maak nou maar net nie vir my sin nie…

  2. En toe tree Shaun Pollock gister uit. 😦
    Lol @ Crocodile Dundee!!😆
    Dit lyk soms vir my ook so….

  3. KoP, om 7de laan te kyk, is nou die IN ding!😆

    Saam met my werk ‘n hele gros yuppies (lees ook mans, hier). Iewers in die week hoor ek hulle gesels van Felicity en Hilda en die alkohol toets (nou, ek kyk Egoli en Binnelanders en volg dan nog so af en toe 7de laan op SABC Africa, so ek is bietjie agter met 7de laan).

    Toe ek vra, word ek in detail vertel wat is die huidge stand van sake in 7de laan – hulle kyk ALMAL 7de laan!

    Nou voel ek nie meer so sleg oor my sepieverslawing nie.😉

  4. Sonkind, ek is darem nie naastenby verslaaf aan 7de Laan nie, ek word so half gedwing om dit te kyk. Die storie raak vir my partykeer bietjie irriterend. Hierdie dat dit deesdae so as ‘n “educational vehicle” gebruik word laat my so half aan oud. minister Hendrik Schoeman se vraag dink: Wil julle vreet of wil julle vlieg? In hierdie geval weet ons mooi wat ons wil hê: Ons wil ge-entertain word – nie ge-educate nie.

    En hierdie dat hulle so STUPID kan wees – hulle praat heeltyd rondom die oplossing van Felicity se dilemma en kan dit net nie raaksien nie – kyk, ‘n skrywer moet kan hint om jou te laat slim voel, maar so bleddie slim wil ek darem ook nie voel nie!

  5. Ek dink soms 7 de laan se skrywers het tyd nodig om iets nuuts uit te dink. Ek kyk dit seker een keer in twee weke omdat ek meestal in die aande uit is, maar dan is die res van my gesin gefrustreerd oor al die vrae wat ek vra. is die opening nou nog nie verby nie? Soek hulle nou nog Felicity se oplossing? Maar, nou ja. Daai Sheila Cussons gedig, ek het hom weer gaan lees. Dankie.

  6. Ek weet nou nie wat van Jackson Pollock in die Laan geword het nie, want Naamloos se optrede by die Galery is toe verby. Lyk my die skrywers het my uitgeboul (pun fully intended)!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: