Posted by: mykopop | Woensdag 9 Januarie 2008

Susan Coetzer – Oros vir die siel

Oros-VoorbladEk sien die boek word beskryf as “oor vroue vir vroue deur ‘n vrou”, so ek was seker nie versonderstel om dit te lees nie. Nietemin, dit is iets wat ek ervaar het en graag wil deel. Dit is ‘n boek met ‘n Christelike boodskap en word bv. deur CUM Boeke verkoop. Dit word uitgegee deur carpediem-MEDIA.

Hoe dit gebeur het dat ek die boek gelees het, is deurdat die ATKV-tydskrif Taalgenoot (tg) ‘n uittreksel uit die boek geplaas en ek dit eers gelees het. (Taalgenoot is ‘n baie byderwetse tydskrif van ‘n organisasie wat hard sukkel om byderwets te wees, maar minstens hard probeer.) Gelukkig wou vroulief toe die boek hê en so kon ek dit ook onder hande kry.

Hier is die beskrywing op die agterblad van die boek:

Op twee-en-veertig het Kyle van Aswegen oënskynlik alles: ‘n ryk man, twee normale tieners en moody copper highlights in haar hare. Maar die man praat feitlik niks, die kinders toon aweregse neigings, en die highlights voel net moody.

Vir meer as dertig jaar probeer Kyle om die gat in haar binneste vol te maak. Die gat wat oopgeruk is toe sy haar ma met onsiende oë langs die geel linoleumtafel aangetref het. So lank al probeer sy die Oros vir die siel vind wat haar ma voortdurend ontwyk het – in drank, dwelms, seks, geld …

Tot sy op die dag van haar man se vyftigste verjaarsdag besef dat daar te veel pointers is om die uitnodiging langer te ignoreer: Sy sal die kerkding probeer. En die Here praat met haar: reguit en duidelik. By Hom kan sy die swaar tas afgooi en die inhoud uitskud.

Aangesien hierdie nie ‘n speurverhaal is nie, moet ek seker nie so krities wees oor klein foutjies nie, máár, aangesien ek reeds by die Deon Meyer-boek gesê het dat die skrywer van die volgende boek wat ek gelees het ook dieselfde fout gemaak het. Susan doen ook die tweedevloer- of tweedeverdieping-ding iewers in haar boek, met ‘n dubbelverdiepinghuis. Dan is daar nog ietsie wat my pla: sy praat gedurig van ‘n linoleumtafel wat hulle in die kombuis gehad het, en ek dink selfs een keer van ‘n linoleumstoel. Ek dink die linoleum kon daar in die kombuis gewees het, maar sover ek weet was dit ‘n vloerbedekking. Ek dink die tafel en stoele waarvan sy praat is ‘panelite’ genoem. Ek mag verkeerd wees.

Die volgende dinge kom in die boek voor:

  • Selfmoord
  • Verkragting
  • Drank- en dwelmmisbruik
  • Swak kommunikasie
  • Aangenome kinders
  • Tiener-rebelsheid
  • Sinisme
  • Bekering

Die karakters in haar boek word vir my besonder lewendig en dit lees regtig baie lekker. Dan weet ek nie hoe om dit te stel nie, oor die laaste deel van die boek waar sy meer na ‘n boodskap begin kom, sonder om self sinies te wees of te klink nie. Dis net dat daar darem bietjie baie toevallighede is, en ek is miskien gewoond om boeke te lees wat ‘n storie ter wille van die storie is. Die boek het ‘n mooi boodskap en kan van baie waarde wees vir iemand wat met een of meer van die dinge hierbo genoem worstel (of nie worstel nie).

.

Oros-Agterblad

 

 

Net vir in geval iemand tot hier gelees het en nie weet wie Susan Coetzer is nie – sy het vroeër jare in ‘n paar TV-reekse gespeel, o.a. as Daisy de Melcker. Hier is ‘n goeie skakel: Daisy de Melcker praat oor die liefde. Die laaste wat ek haar gesien het was toe sy as Robyn de Swardt in 7de Laan met Madel en Jan-Hendrik se R2 miljoen weggeloop het. Sy was lank gelede met Frank Opperman getroud en is later met Philip Moolman getroud

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

~oOo~


Responses

  1. Ek lees ook “Susan Coetzer sê haar sê” op die laaste bladsy van die Finesse tydskrif. Ek kon ongelukkig met ‘n vinnige “Google search” niks van haar kunswerke onder oë kry nie. Ons kry ook die Taalgenoot en ek sal bietjie die uittreksel gaan lees wat hulle geplaas het. Sover ek ook weet is linoleum ‘n vloerbedekking en ek weet waarvan jy praat as jy van ‘n “panelite” kombuistafel en stoele praat. Toe ek ‘n kind was, het ons so ‘n tafel en stoele in ons kombuis gehad.

  2. Hi Kop! Jy’s darem goed met resensies! Ek dink jy moet jouself uitgee daarvoor! Klink goed, die boek! Ek wens ek het tyd gehad om ‘n spul lekker Afrikaanse boeke te kon verslind!

  3. Kaalvoetkind, omtrent almal het sulke tafels en stoele gehad – behalwe ons, ons was te arm, ons s’n was van hout en groen geverf! Die panelite-goed het sulke chroom-pootjies en die panelite self sal ek sê is so 8mm dik, lyk amper soos masonite met ‘n blink gekleurde oppervlakte, ek weet van groen en miskien geel.

    My vrou kry ook die Finesse so lyk my ek sal maar bietjie moet opvang met die vrouetydskrifte. Toe ek kind was, was leestof by ons (70 km van die dorp af) baie skaars, so ek het alles verslind wat ek kon kry, ook my ma se Rooi Rose ens.

  4. Ek is besig om dit te lees… Tesame drie ander boeke… Sover love ek dit… Baie my tipe styl… Love dat ‘n man ook hieroor resensie skryf.. Great stuff..
    (Jy’s op my blogroll)

  5. Ek is ongelukkig gladnie ‘n Susan Coetzer aanhanger nie, daarom is ek bietjie bevooroordeeld.

    Maar ek geniet die feit dat jy jou lyf ‘Leon van Nierop’ hou, al sien ek nie fliekresensies nie…

    Hello Kop, sien uit na baie skrywes in 2008

  6. Dankie Skoor, ek hoop nie ek het te veel met Leon van Nierop in gemeen nie! As jy bietjie tussen die lyne gelees het sal jy sien ek is ook maar bietjie skepties of sinies – tog was dit vir my ‘n mooi boek, sy het beslis hope talent, ons wend nou maar net nie almal ons talente dieselfde aan nie.

  7. Susan, ek is voorsitter van ‘n Ouerbetrokkenheidskomitee by ons Hoërskool in die Strand en moet ‘n motiveringsspreekster vir ons Damesoggend volgende jaar 28 Februarie of 7 Maart reël. Kan jy asb vir my jou beskikbaarheid en fooie deurgee, sodat ons dalk kan gesels. Die Here het jou absoluut op my hart gelê en daarom sal ek spoedig van jou wil hoor. Ons moet voor ons volgende vergadering, 3 November uitsluitsel kan kry. Byvoorbaat baie dankie Ek is beskikbaar op 021-8098508 of 073 288 9174 of by my e-pos rboshoff@distell.co.za Groete in Jesus se liefde

  8. Haha Kop Coetzer. Noem my sommer Skoor Meyer!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: