Posted by: mykopop | Sondag 6 Januarie 2008

Pilanesberg-foto’s

‘n Klompie foto’s van ons besoek aan die Pilanesberg Nasionale Park op 1 Januarie 2008.

Een van die geologiese bakens.


‘n Sebra met ‘n vulletjie.


Nog ‘n sebra.


Hierdie foto het ek per ongeluk met die ou filmkamera geneem, omdat ek gedink het die film moet nog bietjie aangedraai word vir die eerste foto, het ek die sluiter afgedruk. Dit gee nogal iets weer van die natuurskoon. Ek dink ek is miskien vir eers klaar met film. Daar het eintlik niks van die filmkamera gekom wat beter is as wat ons met die goedkoop 4.1 Megapixel digitale kameratjie geneem het nie.


‘n Wegkruipplek by ‘n dam.


Hierdie vlakvarkmoeder het aanvanklik ‘n entjie van die uitkykpunt by die Mankwe-dam gewei met haar kleintjies. Later het sy by ‘n watergat naby die uitkykpunt kom water drink. Die kleintjies was duidelik nie so dors as hulle ma nie en het vir groot vermaak gesorg deur heen en weer te hardloop tussen die veld en hulle ma.


‘n Basterhartbees (tsessebe).


En nog een…

Ou skillie.

Ek dink ons kan sê ons het iets van die seekoeie gesien.


Nog ‘n sebra.

Die piekniekterrein by Mankwe is op ‘n koppie gelëe met ‘n mooi uitsig oor die dam. Daar is braaiplekke.

‘n Redelike nabyskoot van ‘n olifant. (Tharina sê sy’t die een geneem. Die kamera word maar heen en weer gegee na gelang van wie die beste skoot kan kry.)


‘n Naboom (Euphorbia ingens)


Die Mankwe-dam, vanaf die uitkykpunt.


En nog ‘n skoot daarvan.

Hierdie olifant het ‘n kort stertjie.

‘n Kameelperd in die verte.

‘n Paar kameelperde wat wei.


Nog ‘n kameelperd.


Hier kan mens nogal sien dat die kameelperd se “camouflage” werk.


Vertel my wat is hierdie bal wat lyk of hy van bossies of gras gerol is?


Nog ‘n skoot van die wit renosters wat afkoel by die watergat. In teenstelling met die een wat ek in my vorige inskrywing geplaas het, wat Tharina geneem het, het ek hier vir ‘n wyer hoek gegaan om ook die omgewing te wys.

Om enige van die foto’s beter te bekyk, kliek daarop en dit sal by Flickr oopmaak.


Responses

  1. Pilanesberg is hier in ons omgewing. Ons kuier graag daar.

  2. Ds. Attie, ek sien nou eers jy’s in Rustenburg. Julle het ‘n wonderlike voorreg om so naby aan die park te woon. Al wat naby ons is, is die ou Krugersdorp wildpark (weet nie wat sy naam nou is nie), die tariewe is baie hoër, vir ‘n lappie grond waar jy maar altyd die industriële gebiede iewers kan sien.

    Jy het seker honderde foto’s? Jy kan gerus nou en dan van hulle by jou inskrywings inwerk!

  3. Pragtige foto’s! Voorspoed en baie blessings vir die nuwejaar!

  4. Ai, hoe verlang ek nou so bietjie na die bosveld. Mooi foto’s.

  5. Sjoe, jou foto’s is baie mooi.

    Lyk na die perfekte dag.

  6. Wag-‘n-bietjie, kan nie onthou dat ek jou voorheen by my blog gesien het nie – dankie en welkom!

  7. Dankie vir hierdie lekker virtuele toer! Ek het jou vorige inskrywing ook baie geniet, ek was nog nooit self daar nie. Dit kom beslis op my wenslysie vir wanneer ek groot is!

  8. Dis baie mooi foto’s – dankie!! Die veld lyk darem maar lieflik groen! Manlief het belowe dat ons sommer vroeg in die nuwe jaar bietjie vir ‘n naweek soontoe kan gaan!

  9. Mensig,
    verlang ek darm nou huis toe!!

  10. Pragtige foto’s!! Ek’s jaloers – lyk of julle ‘n ‘ball’ gehad het!

  11. BAIE MOOI!! 8)


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: