Posted by: mykopop | Vrydag 28 Desember 2007

‘n Lekker Digbundeloes

Gisteraand het ek ‘n bietjie verder aan Deon Meyer se boek Wie Met Vuur Speel gelees. Net na die proloog gaan dit oor ‘n boekeveiling. Ek besluit toe ons moet vandag bietjie in Melville ‘n draai gaan maak, want ek het gehoor daar is winkels wat tweedehande boeke verkoop – die in my omgewing is pateties. Ek kan ook nou eerstehands getuig dat 7de Laan in Mellville nie dié 7de Laan is nie – eerder miskien 4de Laan of 7de Straat, want by die kruising van die twee het ons sommer drie boekwinkels gekry.

Hier is die oes:

Ina Rousseau – Versamelde Gedigte 1954-’84, @R35.00. Met 208 bladsye en in ‘n uitstekende toestand, ‘n baie goeie kopie.

Theo Wassenaar – Gedigte, 1921, @R35.00. Ongelukkig het die eienaar, vermoedelik ‘n leerling of student, op elke bladsy aantekeninge met ‘n vulpen gemaak. Die buiteblad is in ‘n swakkerige toestand, gelukkig is al die bladsye nog stewig vas.

Donald W. Riekert – Wensbeen, 1995, @ R16.50 Ek en Riekert het, kan jy maar sê, lank gelede ‘n onderonsie gehad, alhoewel ek nie ‘n woord met hom gepraat het nie.

Barend J. Toerien – ‘n Plek Op Die Land, Catskillverse, 1985, @ R24.00.

Barend J. Toerien – Die Huisapteek, 2001, @ R24.00. ‘n Paar maande gelede het ek ‘n inskrywing gemaak: ‘n Oulike Boekietjie, oor Toerien se saamgestelde bundel “Om Te Onthou”, wat gedigte uit albei hierdie bundels bevat. Nou begin sien ek vergesigte van ‘n volledige versameling van die digter!

Vyftig gedigte van C. Louis Leipoldt, ‘n keur deur W.E.G. Louw, Vierde Druk 1963, @ R42.50. Ek het baie gewik en weeg of ek die boek moet koop, want ek het reeds die boek Uit Die Skatkis Van Die Slampamperman, wat baie van Leipoldt se gedigte bevat. Op die ou end het ek gevind dat daar baie oorvleuling is, maar die boek bevat darem ‘n klompie ander gedigte. Tog jammer van sulke saamstelling. Ek verkies versamelde werke, sodat ek self kan besluit waarvan ek hou.

Die laaste boek is die enigste uitsondering wat nie ‘n Afrikaanse boek is nie, maar wel van ‘n Amerikaanse digter. Toe ek die titel sien het ek vir my vrou gesê ons moet dit toedraai en eers op ons volgende huweliksherdenking oopmaak. Soos julle kan sien het ek dit sommer virtueel toegedraai. Ons sal hom oopmaak, darem nie te diep in die nuwe jaar in nie.

Vir ‘n totaal van so R230, nie te ‘n slegte dag nie!


Responses

  1. Lyk na ‘n goeie kopie! Geluk! lekker lees!!

  2. Wat is die boekwinkels se name waar jy hierdie boeke gekry het?

  3. He he he, amper sê ek: Boer, moenie die Kop die kuns afvra nie! Die winkel waar ek 5 van die boeke gekry het se naam is “bookdealers”, in 7de Straat Melville, naby die hoek van 4de Laan. Regoor hom is nog een, ek dink sy naam was iets soos Chapter One. Net om die hoek in 4de Laan is nog een, maar by die twee winkels het ek gister niks gekry nie. Bookdealers het net ‘n e-pos adres: bookdealers@mweb.co.za – hulle het ook 6 ander takke.

    Die Leipoldt en die boek wat ek toegedraai het, het ek by Books Galore in Mainweg gekry, so ‘n kilometer van die ander af. Hier is ‘n Books Galore in Clearwater naby ons, maar by hulle het ek nog bitter min gekry, beslis nog nooit ‘n Afrikaanse digbundel nie.

  4. Gelukkige Nuwe Jaar vir jou! Hoop 2008 gaan ‘n goeie jaar wees!

  5. […] 28 Desember het ek bietjie gaan soek vir tweedehande digbundels, en by die huis gekom geskryf: ‘n Lekker Digbundeloes. Die laaste boek het ek egter biejtie virtueel toegedraai en daarop geskryf: Aan Ons . Hier is hy […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: