Posted by: mykopop | Woensdag 12 Desember 2007

Geen Slaggate / No Potholes

geenslaggate

Ek hoop jou grondpaaie is almal mooi geskraap
jou teerpaaie se slaggate reggemaak
Mag daar strome geluk
van jou gesig af drup

Met jou en jou geliefdes se fees
Mag dit somer in jou hart wees
mag die groot geluk jou inhaal
waar jy in die Desember ronddwaal

mag jy die goeie nuus ook bring
waar jy saam die ou-ou liedjies sing
as die somer in jou hart lê
mag jou mond die regte woorde sê

Mag dit somer in jou hart wees.

————-

Sommer so van hier en daar ‘n paar woordjies, miskien ietsie uit Koos Doep se Somerkersfees, miskien iets van Hans du Plessis en Randall Wicomb se “groterde geluk”. Ek wens eintlik dat die minister van padwerke, Mnr. Potholes Slaggate ook met vakansie was omdat daar geen probleme is nie. Maar dis seker net wensdenkery, dus wil ek vir almal sê, ry versigtig, ry binne-in die pad en moenie ‘n glas se randjie en ‘n stuurwiel verwar nie! Aan almal wat hierdie jaar hier by my kom kuier het, dankie vir julle kuiertjies, ‘n geseënde Kersfees vir julle almal en al beplan ek om voor Nuwejaar terug te wees, sommer ‘n wonderlike voorspoedige 2008 ook.


Responses

  1. Dankie vir die goeie wense op my blog. Ek hoop jy het ook `n gesëende Kerstyd en voorspoedige Nuwejaar. Sien jou weer in die bloggosfeer in 2008!

  2. Dankie vir my wense ook. Mag jy en jou gesin die ware bedoeling van Kersfees ervaar, en mag 2008 vir julle net voorspoed bring. Geniet die ruskans!

  3. Baie dankie! Vir julle ook, Veilig ry waar julle ry en hoop julle het ‘n Geseende Kersfees! Voorspoedige Nuwejaar vir julle ook!

  4. Baie dankie vir die mooi wense. Hoop jy en jou geliefdes het ook ‘n baie Gesëende Kersfees. Alles wat mooi, opwindend en feestelik is vir 2008!

  5. Vreugdevolle Kerstyd en ‘n Voorspoedige 2008 vir jou. Dankie vir die lekker blog!!

  6. thanks vd kersfees-wense en ook die inloer, ek kyk ook hierso na die writings elke dan en wan.. lekker skryf!

  7. Beste wense vir jou en familie ook. Mag julle feesseisoen net vreugde inhou. Veilg ry en geniet die tydjie af!!!

  8. Vrede vir julle!

  9. njoy🙂

  10. Geseende Kersfees en veilig reis!

  11. Mooiste wens vir jou en jou familie ook! Ry veilig en kom veilig terug, waar jy ook al gaan.

  12. Happy Holidays, soos hulle hierso se. Dis nie so gevoelloos soos dit klink nie … ek het ontdek mense bedoel dit dikwels regtig. Mooi wense, Rozanne

  13. Dankie vir die verjaarsdagwense ook Blok. Ek gaan beslis aan daai verjaarsdaglys voorstel van jou werk. Mag 2008 vir jou en jou gesin uitstekend wees.

  14. […] of iets nie, vir die van julle wat soos ons op die paaie gaan, wens ek maar weer soos laasjaar: Geen Slaggate / No Potholes. En as jy nie my onlangse versie Sintuiglike Dank gesien het nie, lees dit nou, wees dankbaar en […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: