Posted by: mykopop | Maandag 10 Desember 2007

Versuim om te gee

rooilaser

Ek moes vandag van die werk af wegglip om ‘n band van my motor wat nie dieselfde as die ander drie is nie, te laat vervang voor die vakansie. R490. Eina.

Ek het omtrent ‘n uur lank in die plek se parkeerterrein staan en wag. Daar bestaan mos nie iets soos haas in ons land nie. Terwyl ek daar staan en wag kom stop daar ‘n rooikopdametjie in ‘n ou verslete rooi motortjie so twee plekke van my motor af. Die werkswinkelvoorman het haar gaan vra of hy haar kan help. Ek het gehoor sy vra hom in (Engelsprekende) Engels of hy haar band kan “fix”. Haar regteragterband was byna pap. Ek kon nie alles hoor nie, maar het gehoor hy sê vir haar om eers ‘n “job card” by die kantoor te kry. Sy is toe binnetoe. Ek vermoed hulle kon nie die band regmaak nie, dit moes vervang word.

Terwyl sy binne was het ek die motortjie beter bekyk. Dis eintlik gehawend. Die regtervoorband lyk soos ‘n versoolde band, waarvan daar ook niks meer van die sporing oor is nie. Een van die hoofligte is stukkend. Na ‘n rukkie het sy uitgekom en na die pasasiersdeur geloop en daar ingeklim, die bestuurdersdeur van binne oopgesluit en weer omgeloop en ingeklim. Ek het besef sy het nie ‘n man wat haar help nie. Ek het ook gesien sy het ‘n papertjie in haar hand, en vermoed hulle het vir haar ‘n prys gegee, maar sy het nie geld gehad om te betaal nie.

Ek besef toe in my garage lê ‘n 13″ band wat nog baie goed is, dis wel ‘n 70 profiel, want dis waarmee my vrou se motortjie gekom het toe ons dit tweedehands gekoop het, en ek het later die bande met 80-profiel vervang. Daardie band lê net in my garage omdat ek nie mooi weet waar om dit weg te gooi nie. Voor ek kon besluit wat om te doen, het sy stadig weggery.

Ek het later begin wonder wat haar omstandighede is. Dalk is sy een van die mense wat ons land se kinders onderrig en met ‘n afskeepsalarissie kos op die tafel moet sit, en nog ‘n motor aan die gang moet hou ook. Miskien het sy wel ‘n man, wat ‘n dronkaard is. Dalk het sy ‘n kindjie en droom daarvan om ‘n Kersgeskenk te koop, ook uit die salaris wat sy reeds einde November ontvan het. Ek is so spyt dat ek nie na haar toe gestap en vir haar gesê het, ek het vir jou een band wat jou nog ‘n paar maande kan hou nie. Ek wens ek kon die horlosie terugdraai na 11 uur vandag.


Responses

  1. baie dankie dat jy oor die laaste klompie maande op my blog kom kuier het. ek wens jou vrede voorspoed en veiligheid toe oor die feesseisoen ek gaan bietjie onstpan en blog weer op 2 januarie…dankie vir jou insette!

  2. Shame!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: