Posted by: mykopop | Woensdag 5 Desember 2007

Gekonfyt

konfyt.jpg My vrou, Marietjie, kán appelkooskonfyt kook, en sy het, gister. Die drie botteltjies op die foto is net ‘n deeltjie van die oes. Jammer, my foto laat glad nie reg geskied aan die sukses van die kooksel nie. Ek moes eintlik ‘n foto van die kastrolle geneem het.

Ek het hierdie jaar nie tyd gehad om ons appelkoosboompie te spuit nie, ek hoor mens moet alreeds die blommetjies spuit, want die insekte lê reeds dan hulle eiers. Daarna is jy veronderstel om elke twee weke te spuit.

So het ons toe geglo die appelkose sal almal vrot wees die jaar, maar ons het die afgelope paar dae ‘n paar lekker appelkose geëet. Gisteroggend voor werk het ek weer ‘n paar gepluk en ons het toe besluit as sy van die werk af kom moet sy die boom stroop, want hulle was meestal net so halfgroen en nog lekker styf.

Ons kon nie glo nie, sy het 4.5 kg appelkose van die boompie gepluk, en omtrent niks was sleg nie. Die boompie is eintlik nog klein. Ek het reeds foto’s van hom geplaas met my inskrywing “And To Each Season” op 1 September. Die arme boompie het ook baie skeef gegroei weens die groot boom wat ek hierdie winter verwyder het. Hopelik sal ek hom hierdie winter kan begin regsnoei, noudat hy nie meer so baie kompetisie het nie.

Onthou net, ek het vir Marietjie gesê: JY GEE NIKS WEG NIE!

Appelkoosboom met bloeisels

21 Augustus

Groen appelkoosboom

1 September


Responses

  1. Aitsa! Hoe laat jy my nou verlang! My ma kon sulke lekker konfyt kook en ek moet se die uwe het darem dit ook al suksesvol gedoen, yummy!! hmmm…daardie stroop wat nog so lekker warm is…ai!

  2. Ek hou regtig niks van konfyt nie – is dit abnormaal?

  3. Ek hou ook nie van konfyt nie, MAAR my Ouma maak die lekkerste appelkooskonfyt. Dit het nog die skilletjies in so dis lekker suur. Ek is mal daaroor.

  4. Jy kan bly wees jy’s ver van my.

    Ek sou nou huis toe gegaan het, die chiminea gestook het, blikkiesbrood gebak het, die houertjie varkvet in my yskas opgeraap het, in Vrijheid gespring het, en ‘dieng-dong’ my teenwoordigheid kom aanmeld het.

    Ek lief konfyn. En tuisgemaakte appelkoos is sommer loshande voor!

  5. OMW! Skoor, bring jy die brood – ek deps die korsies – let wel ALTWEE korsies. Kop, gee jy die konfyt! Dis nou een tyd wat ek van brood ‘n koningsmaal sal maak! Vars, warm gebakte brood met tuisgemaakte appelkooskonfyt – MWA!

  6. Ai, dit klink lekker, jammer julle is so ver! Ek sou gewilliglik een of twee botteltjies opgeoffer het. Boer, wat sou jy op jou potbrood wou eet?

  7. Boer sal lewersmeer eet, dankie! Hy weet nie van beter nie! haha….

  8. Nikita…jy tender vir ‘n pak slae!

  9. Boer, ek neem aan die “pak slae” is ‘n les in skaak!

  10. Dis so goed om te weet daar is nog mense met hulle eie appelkoosbome!! Ek het net nou die dag verlang na my ouers se groot ou boom en hoe moes ek help appelkose pluk vir “jam”, en hoe ek gegril het as jy so in die vrot appelkose trap en dit peul so deur jou tone.
    Maar die beloning ……warm tuisgebakte brood met vars appelkooskonfyt! NJAMMIES!!!

  11. Ja, lyk my hy gaan daardie pak gou gee as ek nie oppas nie, hy maak sulke sluwe skuiwe…ek moet my ogies heeltyd op skrefies hou wanneer ek op ons borde skuif! Ek vertrou nie daardie man nie…😆 8)

  12. Val ek nou weer dae later hier in…Son, my blikkiesbrood se boonste korsie is ‘n treffer, maar die onderste ene nogal nie regtig nie. So, jy is in vir die boonste spitspuntige korsie – met die bietjies as van die vuur op!

  13. […] en eet met botter wat insmelt, amper sal ons ons brood aan albei kante gebotter hê! En lekker appelkooskonfyt.  Man!  Maar na so twee dik snye kan ek nie meer nie – as die muis dik is, is die meel […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: