Posted by: mykopop | Dinsdag 4 Desember 2007

Met die eerste oogopslag

diederik-sanmari.jpgEendag het die menslike deugde en ondeugde saam wegkruipertjie gespeel. Dit was die dwaasheid se beurt om die ander te soek. Sy het die jaloesie, die moed, die geduld almal gekry…, maar die verliefdheid kon sy nie kry nie.
Toe die dwaasheid by ‘n ondeurdringbare roosstruik kom, het sy vermoed dat die verliefdheid daarin skuil. Ba!!!, het sy hard uitgeroep.
Die verliefdheid het geskrik, opgespring en ‘n tak met dorings in haar oë gekry.
Die verliefdheid het blind geword. Die dwaasheid het baie skuldig gevoel.
“Moet jou nie bekommer nie”, het sy die verliefdheid getroos, “van nou af sal ek jou altyd vergesel.”

Ek het die oulike stukkie gekry by Annemie van West-Vlaanderen (België) se blog Lezen om te leven, onder die opskrif: Op het eerste gezicht (update). Dit is bygedra deur een van Annemie se lesers Blanche, maar die oorsprong is onbekend. My dank aan Blanche en Annemie. Ek het dit na die beste van my vermoë in Afrikaans vertaal. Enige voorstelle ter verbetering is welkom. Ek het bietjie gesukkel met die Nederlandse ‘ze’. Ek het dit eers met die manlike vorm vertaal, maar nadat ek Van Dale geraadpleeg het, na die vroulike verander.

Aangesien Diederik en San-Mari van 7de Laan so verlief is op die oomblik, het ek gedink dis gepas om ‘n fototjie van hulle hierby te plaas.

Foto: Huisgenoot


Responses

  1. Hi jy, daai twee’tjie lyk pragtig saam!!

  2. Dag Chris

    Dat is een mooie vertaling – daar valt niks op aan te merken!😉
    Bedankt voor de link…
    Dit is echter een korte samenvatting van het oorspronkelijke verhaal. Ik heb de volledige tekst nu in handen maar die is in het Spaans. Begin volgend jaar maak ik mijn werk van een Nederlandse vertaling en indien je geïnteresseerd bent kan je die tekst altijd krijgen. Je zal het wel zien op mijn blog…
    Hartelijke groeten,
    Annemie

  3. Dis nou een program wat ek mis en die enigste program wat ek in SA kyk wanneer ons daar kuier!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: