Posted by: mykopop | Woensdag 28 November 2007

Die kinderfonds beeld

(impromptu in pajamas)

Gistraand in die UJ-torium,
het Carike en die kinderfonds
vir ons gebeeld:

Rina Hugo
Randall Wicomb
Sonja Herholdt
en Imagine

Rina was haar sprankelende self
haar stem soms skerp soms soet
en met Rien Joubertse
verse

Oom Randall stap toe breedgeskouerd
met ‘n sandduinbok wat om hom dans
en vat my hart na ‘n sekere kop by Prieska
waar ek vanaaf sit kyk het menig aand
na sterre en die verste kop

Sonja het ge-Betlehemster
en Feliz ge-navidad
net so mooi soos op die CD Sondagaand
en toe het sy met Anton kaia opgeslaan
in die sterre van Oberammergau

Leon Fereirra
en nog drie manne kom toe da
en raas die Baba wakker
ek kan amper nie imagine
dat ek van die groep bewus is
en omdat hulle laaste sing
was die handeklap maar min
dit laat nou ook aan
‘n ander verhooggrappie dink
of is dit net miskien
dat ek op die verhoog daar dubbeld sien!

***

Ek is jammer dat ek nie die konsert betyds hier kon adverteer nie, dit het bietjie skielik gebeur en dinge by my het bietjie dol gegaan. Ek sien dit is vanaand weer in Pretoria, daar was gisteraand nog leë sitplekke, miskien kan jy nog kaartjies kry vir vanaand – dis die moeite werd. Gaan kyk na die Beeld Kinderfonds se webwerf en ondersteun hulle asseblief.

Langs die kant op my blog, en by ander bloggers, is ‘n skakel na die Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom. Ek het ‘n advertensie op RSG net een keer gehoor waarin hulle gesê het mens kan R20 skenk deur te SMS. Het iemand dalk vir my die besonderhede? Ek kry dit nie op RSG se webwerf nie. Dis miskien vir baie mense die maklikste manier om geld te skenk.

Oukei, oukei, ek het nie meer my slaapklere aangehad toe ek die dingetjie geskryf het nie, maar volgens Google lyk die my darem ek is die eerste om die subtitel te gebruik. Ek is nie so seker of ek die kategorie “Gedigte” hiervoor moet kies nie, miskien is dit te veel soos die goed waarna Gerrit Komrij verwys waaroor ek voorheen geskryf het.

 


Responses

  1. […] die Griekwapsalms van Hans du Plessis en Randall Wicomb. Dit was vir my ‘n belewenis om Randall Dinsdagaand te sien optree en sy DVD persoonlik by hom te koop. Langs die Oranjerivier, waar ek vir die […]

  2. […] vir haar liedjies geskryf het. Ek hou darem nog steeds daarvan om na haar te luister, soos in die Kerskonsert wat ons bygewoon het in November en waar ons ook die boek by haar gekoop […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: