Posted by: mykopop | Sondag 18 November 2007

Kom laat ons saam fluit

[Terwyl jy lees,YouTube in ‘n ander venster Soldiers Marching In “Bridge On The River Kwai” – jammer, hy’s nie embeddable nie]

Sondag. Ons het vanoggend ‘n Kerssangdiens saam met ‘n Engelssprekende gemeente in ons kerk gehad. Ons orrelis het vir die geleentheid ‘n vaardige trompetspeler saamgebring.

Voor die diens begin het, het die twee lekker saam musiek gemaak. Terwyl hulle Trumpet Voluntary gespeel het, het ek gesien een van die diakens tuit sy lippe… Ek kon nie hoor of hy regtig saamgefluit het en of hy net die bewegings met sy lippe gemaak het nie. Ek kry ook dikwels so ‘n drang om mee te doen aan so ‘n grootse stuk musiek.

Ek dink toe: die dominee probeer so nou en dan om ons samesang so bietjie interessanter te maak deur beurtsang, bv. die dames sing die eerste versie, die mans die tweede versie en dan almal saam die derde versie. Partykeer maak hy dit meer ingewikkeld met vyf versies, dan moet hy self pasop om nie by die verkeerde versie in te val as hy moet stilbly nie. Ek dink toe as ek weer ‘n kansie kry, moet ek vir hom ‘n voorstel maak.

Terwyl my gedagtes toe so rondloop in die kerk rondom “fluit” en “dominee”, loop hulle terug tot gisteraand toe ons weer bietjie CD’s gekyk het daar by Clearwater Mall. Ek het gisteraand gesien die CD “Die Fluitende Predikantsvrou” is daar beskikbaar. Ek onthou dit van jare gelede, dit was nog in die dae van langspeelplate. Ek dink ek moet dit gaan koop. ‘n Ander kunstenaar wat een van my gunstelige is, wat ook lief is vir fluit, is Roger Whittaker. Luister wat hy te sê (amper sê ek te fluit) het.

Soos ek gesê het. As ek weer ‘n kansie kry om met die dominee te praat, wil ek vir hom sê hy moet miskien nou en dan dat ons ‘n versie fluit. Ek glo nie sy vrou sal geneë wees om die voorfluitster te wees nie, maar hoe sal dit wees as die dominee sê: Broeders en susters, kom ons fluit saam lied nommer …

***

Ons moes toe weer vandag Clearwater Mall toe om iets anders te kry. Ek hét toe die CD van die fluitende predikantsvrou gaan koop. Die malligheid het my darem net R39.99 gekos. Waar kry mens ‘n blogborg?

predikantsvrou.jpg

Ryne de Beer, Die Fluitende Predikantsvrou.

Daar is een ding waarmee ek nie saamstem nie – op die CD is daar net die jaartal 1997. Ek is seker die plaat het seker omtrent in die 1970’s uitgekom. Mens kan dit ook hoor aan die klankvervorming op van die snitte. Vra vir jou ma, pa, oupa of ouma wanneer was die Fluitende Predikantsvrou ‘n superster en laat weet my asseblief!

Toe ek in die winkel na die lys van snitte kyk, was ek vol hoop dat as dit met ‘n strykorkes gekombineer word, dit ‘n lekker CD kan wees om na te luister. Ongelukkig is het die meeste snitte net klavierbegeleiding. As mens bv. luister wat Whittaker met The Skye Boat Song gedoen het, besef mens sy kon soveel meer gedoen het.

Daar is wel van die snitte, bv. Aandlied Van Die Voëls en Danny Boy, waar die klavier plek maak vir die orrel, wat minder steurend is. Dis sou natuurlik nie vir die vrolike nommertjies gewerk het na. (Ja, Mev. Ds. skrik nie eens vir dans nie: sy fluit I Could Have Danced All Night.)

Hier is die snitte op die CD:

1. Little old lady
2. Aandlied van die voëls
3. Glow worm
4. Lili Marlene
5. Debbie se huwelikslied
6. Delilah
7. Die eensame wandelaar
8. Over the rainbow
9. Happy wanderer
10. Op my ou ramkiekie
11. Tosselli se serenade
12. Ciri Biri Bin
13 The High and the Mighty
14. I could have danced all night
15. Danny boy

Die een waaroor ek die meeste opgewonde is, is Tosselli se serenade. (Wonder op Tossie Lochner iets meer weet van hom – klink Italiaans.)

Fluit fluit, my storie is uit.


Responses

  1. hehehe ek het vir ou roger nou geniet

  2. Meisies wat fluit word by die deur uitgesmyt. Die dat ek so goed fluit vandag.

  3. Kan jy my asseblief sê by watter winkel in die Clearwater Mall en of daar nog beskikbaar is -‘n vriend vasn my soek dringend na die cd


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: