Posted by: mykopop | Vrydag 16 November 2007

‘n Ogie op ‘n gypsy

1.Die jong sangeres Anna Davel
met ‘n digbundelnerd-vriend aan tafel
los liewer die man
maar vat wel sy plan
en sy toonset die teks van ‘n jafel

2.

Die dansende singende Davel
so lekker soos stroop met ‘n wafel
my kop raak skoon tipsy
van die lied van die gypsy
wat my toetentaal laat uitrafel

© 2007 Chris van der Westhuizen

Anna DavelJammer, dis nou al die hoeveelste keer dat ek terugverwys na my skrywe oor Mathys Roets se DVD Vrydag die 13de. Ek glo daaraan om die ekstra minuut of twee te vat om skakels na relevante geskrifte van my in te sit. Dit gee die moeë Googelaar dalk ‘n onverwagse ekstra leesdingetjie langs die pad.

Anna vertel tydens die konsert hoe dit gebeur het dat sy die gedig “Die gypsy in jou oë” van Koos Kombuis getoonset het. (Koos, jammer om jou ‘n jafel te noem, maar daar is nie meer ander woorde wat met Davel rym nie!) Dis die kostelike vertelling van Anna wat die inspirasie agter hierdie twee limerieke is. Ek het ook onlangs ‘n ander limeriek geskryf, lyk my limerieke is ‘n ander gogga wat mens kan byt.

Dis op die DVD wat ek eintlik met Anna Davel kennis gemaak het. Ek het my verstout om te sê “Gypsy” is vir my die liedjie van die DVD. Jammer Mathys, jy raak seker al moeg vir die storie!


Responses

  1. […] – Korreksie! – ek het aanvanklik gedink Anna Davel het die liedjie geskryf – ek het mos lankal ‘n ogie op daardie gypsy. Ek het ‘n CD van haar in ‘n winkel gesien metdie titel en sommer so aangeneem. Sien […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: