Posted by: mykopop | Donderdag 15 November 2007

Anna Davel – Godinne Op Die Grondpad

anna-davel-godinne.jpg

Ek hét toe een van Anna Davel se CD’s as persent “bestel” en gekry! Weens my ADSL-probleme en ek bietjie lank gevat om verslag te doen. (Dankie tog Telkom, dis nou uitgesorteer, ek hoop vir baie lank!)

Dis my eerste CD van Anna. As ek self moes koop, sou ek seker Gypsy gekoop het, omdat ek so mal is oor die liedjie “Die Gypsy In Jou Oë”, wat ek leer ken het op Mathys Roets se DVD Vrydag die 13de. Verskeie van die mense van daardie konsert werk weer saam met Anna: Matthys Maree, Mauritz Lotz en Annake de Villiers (Jannie Moolman se vrou).

Anna het nou al vyf CD’s gemaak. Hierdie, haar derde een, het in 2006 ‘n SAMA toekenning gewen. Haar nuutste is Raaisels, Skepe en 1000 Drome.

Engels – mooistes
1. Don’t – Begin met pragtige rustige klavier en dan Anna se fluweelstem. Word later baie meer intens met dromme ens.
10 Gentle Gentle – Nes die naam sê!
11. No More
12. Can’t Break This Heart – Dis vir my asof ek iets van ‘n liedjie uit vervloë dae hierin hoor. Nie om te sê dis outyds nie, so ‘n halwe bekende draai in die melodie.

Afrikaans – mooistes
2. Laataandliedjie – Ek het eers gedink dis my gunsteling op die CD, baie mooi rustige liedjie
6. Maak my die wind – Baie mooi liedjie.
7. Moenie dat die storms – Ek dink hierdie is vir my die liedjie van die album! Ek dink ek het hom al op die radio ook gehoor.
9. Diep swart rivier – ek dink ek hoor beslis Annake de Villiers se viool hier!
13. Teen die einde van die aand – Ek het dit nog nooit net na Laataandliedjie geluister nie, ek dink hulle kan mooi by mekaar inskakel. Miskien kan mens met vrug die CD se snitte bietjie rondskommel in jou speellys.

Afrikaans – Rockerig
4. Godin op die grondpad – Interresant, die CD heet “Godinne” en die liedjie net “Godin”. Is elkeen van Anna se liedjies miskien vir haar soos ‘n godin wat haar eie grondpad moet loop?

Jazzerig
Soos julle seker teen die tyd weet, is ek nie mal oor jazz nie, maar daar is wel stukkie waarvan ek hou. Veral soos gedoen deur Aanna Davel. (Anna jy moet maar laat weet as hierdies nie noodwendig Jazz is nie – ek is ‘n leek.)
3. Ashes
8. Moonbeam

Bietjie valerig?
5. En Ek Dink Ek Wil – As mens nou die liedjies so uitsorteer moet daar mos maar een ondertoe sak. Nie ‘n onaardige liedjie nie, en vat hom weg, dan is daar nie meer ‘n nommer 13 nie!

Nog!

Hou my dop môre of so vir nog ietsie oor Anna Davel! En ek sal beslis nog van Anna se CD’s koop.
Skakels:

1. Anna Davel se webwerf – Gaan loer na al 5 haar CD’s en luister na mp3’s.

2. Rythm Records – Koop van die musiek per snit hier. As jy te lui is om te luister en self uit te soek, koop 1,2,4,6,7,9,10 dan kos dit jou R49.00 vir ‘n lekker paar liedjies en Anna lag nog steeds bank toe!

3. SAMA-Toekenning


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: