Posted by: mykopop | Woensdag 14 November 2007

Toeval (2)

Twee weke gelede het ek ‘n inskrywing gemaak: Toeval (1). Johan Swarts het een of ander kommentaar gelewer wat ‘n persoonlike besonderheid van my bevat het, waarvan hy nie kon geweet het nie. Toe ek hom per e-pos daarvan inlig, was sy kommentaar: “Weird wêreld!”. Ek het ook vir hom gesê dat ek doelbewus die (1) by die titel gesit het: omdat sulke dinge gereeld gebeur, en ek gaan hier van myne boekhou.

Nie dat ek in iets soos toeval glo nie, dis net dat die kanse dat sekere dinge gebeur statisties een uit ‘n miljoen of meer is, en dan gebeur dit tog, en mens staan bietjie verwonderd.

Vandag ‘n week gelede is ek die namiddag op pad huistoe van die werk af. Ek is toe al ‘n ruk besig met die limieriek “Etnie Sê: Suiwering!”, en omtrent tevrede daarmee, maar ek kom nie so ver om die spotprent wat ek in my kop het te teken nie.

Terwyl ek so ry, is daar een van hierdie klein Mercedes karretjies voor my, ek dink ‘n A170. ‘n Swarte! Die ruite was ook swart, so ek kon nie sien wie binne-in sit nie. En die motortjie het een van hierdie persoonlike nommerplate: ETHNEY * XX, waar XX die letters van ons paradysprovinsie is. Nodeloos om te sê, ek het liewer onmiddelik die spotprent gaan klaarmaak om eens en vir altyd klaar te kry met die ding!

Ek weet nie of Ethney die persoon se naam of van is nie, maar die motortjie het al voor my langs gery en by ‘n privaatskool wat net om die hoek van my huis af is, ingedraai. Dus Ethney is dalk heel welvarend, so moenie verstom wees as “Minister Etnie” dalk oor ‘n jaar of wat ‘n werklikheid word nie!

Met die teken van die spotprentjie – nie baie goed gedoen nie – dink ek daaraan dat dit nogal een van my drome as kind was: om ‘n spotprenttekenaar te word. Vanmôre terwyl ek nog in die bed lê lees ek ‘n artikel in die Huisgenoot oor die spotprenttekenaar Zapiro (Jonathan Shapiro). Dit was baie inspirerend. Hy is net so oud soos ek, en lyk ook nog amper net so jonk.

Jammer dat my blokinskrywings so bietjie ver uitmekaar is deesdae. Dit sal môre drie weke wees dat ons die eerste van drie verwysingsnommers van Telkom gekry het vir die ADSL en telefoonlyn.

Telkom gaan mos nou groot vir betaal-TV nadat Telkommedia ook so ‘n lisensie gekry het. Gister sê een van my kollegas vir my hulle het hom genader. Toevallig is sy telefoonlyn (hy het nie ADSL nie) ook al vir 10 dae dood. My kommentaar was: As hulle my bel sal ek sê, hoe moet ek julle vertrou om my salaris te betaal as ek julle nie eens kan vertrou om my telefoonlyn reg te maak nie! Intussen is hulle heel bereid om my huurgeld terug te betaal vir die tyd wat die lyn af was. Ek het gesê ja, ek sal dit vat, maar dis nie eintlik wat ek wil hê nie. Eintlik wil ek ‘n telefoon en Internet in my huis hê. Ek wonder of hulle gaan verwag jy moet jou sepies mis vir drie weke en ‘n terugbetaling gaan dit goedmaak?

Miskien moet ek maar ‘n roman begin skryf: “ADSL O Uit-die-ês-hel!”

Foto: Car Torque 


Responses

  1. Van ADSL hel kan jy my niks vertel!😆

  2. Ek sou graag so klein tjor wil ry…hier in London is dit nogal baie beknop en spasie is ‘n probleem, met daardie karretjie kan ek sommer in die stikamer parkeer!🙂 Lyk soos die Smart

  3. kop, jy praat van statisties een uit ‘n miljoen. so paar jaar terug het ons in ‘n sekuriteitskompleks gebly en toe kom kuier mense een dag vir die mense langs ons. toe die ou sy motor (Golf) se alarm aktiveer, toe bliep ons motor (Mazda) ook. Toevallig was ons ook buite. Ons het verstom gestaan en by nader ondersoek gevind dat ons remote op sy motor werk en syne op ons s’n. Die volgende dag het ek die alrma mense geskakel en hulle het my vertel dis een uit ‘n miljoen en hulle het ons alarm vervang – gratis.

    Hoe’s daai ene vir jou vir toeval?!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: