Posted by: mykopop | Dinsdag 13 November 2007

7 Bekentenisse

Ek hoor mense praat op die blogs van ‘n MEME, waar mense mekaar tag om ‘n sekere hoeveelheid, bv. sewe, goed oor hulleself te vertel. Gaan kyk by Chessalee, ‘n 12-jarige dogter het haar ‘n paar dae gelede getag, so sy sal binnekort met ‘n sak patats vorendag moet kom.

Voor iemand my tag, sal ek hom of haar sommer voorspring en 7 bekentenisse maak oor die storietjie Speelgoed uit die warm plek wat ek gister gepubliseer het:

1. Dit gaan eintlik glad nie oor die storie self nie.

2. Ek het wel probeer om die storie so te skryf dat hy darem ook miskien op sy eie kan staan sonder die bybedoelings.

3. Ek het julle probeer uitvang! Of miskien nie – ek het regtig gedink een van die eerste lesers sal sien waaroor dit gaan.

4. Ek het nog nooit ‘n storie geskryf nie, behalwe miskien as ons op skool so iets moes doen. Ek wil einlik liewer gedigte en liedjies probeer skryf.

5. Daar is geen karakterinkleding in die storie nie, behalwe miskien by Oom Niek. Wat weet jy van Japie vs. Kallie? Niks. Ek weet nie of ek daartoe in staat is nie.

6. Ek het eers ‘n ander naam vir Oom Niek oorweeg. Eers nadat ek nog ‘n bietjie oor Telkom gedink het, het ek by “Oom Niek” uitgekom!

7. Ek hoop ek is reg met die feit dat daar ‘n lagie klei in ‘n pyp se kop kom. Hoe dit gebak word het ek nie ‘n idee nie! Ek moes dit maar so beplan dat die oom iets in die ês moet hê, om by die laaste paar woorde van die storie te kan uitkom!

Baie dankie vir die gawe kommentare wat ek ontvang het! Dalk inspireer dit my nog om eendag weer ‘n storie te probeer uitdink. Al is dit net om mense om die bos te lei!


Responses

  1. Ag damn – ek wou nog se Oom Niek klink vir my alteveel na die Duiwel!

  2. Hi Chris…sal of vanaand of more-aand hier kom lees, as my rekenaar more by die kursus “reg” is (om internet-toegang te verkry) sal ek ons etenstyd gou hier kom inloer…gaan kyk bietjie na my vertaling van daardie gedig se eerste 3 strofes…en las bietjie aan…lees my kommentaar op joune! jy het meer tyd as ek! se my wat jy dink daarvan! Groete!

  3. En o ja! Hierdie dinge wat jy hier noem is nie genoeg nie, dit moet oor jouself wees…dus maak gereed vir daardie “meme”! :))

  4. Hi Chris, hierdie rekenaar op die kursus is so stadig…genade, sukkel om die blogs gelees te kry, want al die ander hier…18, gebruik die Net en die aflaai is ontsettend stadig…lees bietjie daardie gedig en los kommentaar…Skoor het reeds syne gelos…groete!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: