Posted by: mykopop | Dinsdag 6 November 2007

Oom Oubaas en die groot wekker

Oom OubaasIn 7de Laan voer Oom Oubaas tans ‘n hewige stryd (of moet ek sê van epidermiese proporsies?) teen wat hy noem die “global warning”, of “die globaalse verwarring”. Op een of ander manier het dit my laat dink aan die woorde “as die groot wekker lui” uit die liedjie “Agter Wind Aan” van die groep “Transformers”.

Alhoewel die liedjieskrywers klaarblyklik iets anders in gedagte gehad het, dink ek 7de Laan word hier gebruik om ons van ‘n groot alarm bewus te maak.

Ek weet nie of dit die regte ding is dat ‘n sepie soos 7de Laan gebruik word vir reklame en propaganda nie. Dit is o.a. ook onlangs ingespan deur SARS. Is dit die taak van ‘n sepie om ons in te lig of ons te vermaak?

Nietemin, aardverhitting is vir my ‘n baie verdienstelike saak. Wimpie van der Sandt het gister genoem dat hy bekommerd is oor die effek van selfone ens. op die weer, ek en andere het daar kommentaar gelewer. Ek probeer luister elke Saterdagoggend so kwart voor sewe op RSG na Prof. Tertius Harmse se Omgewingspraatjie. Hy praat gereeld oor die oorsake van aardverhitting en wat ons kan doen om dit teen te werk. Die tydgleuf is vir my bietjie jammer, ek is gelukkig om ‘n biologiese klok (of wekker?) te hê wat my nie toelaat om later te slaap nie, maar die meeste mense slaap nog daardie tyd op ‘n Saterdag.

Ek het bietjie gaan Google om te sien wat kan ons doen, en die eerste beste plek was hier. Ek gee so kortliks in Afrikaans weer wat hulle sê:

  • Gee glasbottels, koerante en tydskrifte iewers in vir hergebruik.
  • Hergebruik winkelsakke en koeverte.
  • Maak ‘n komposhoop.
  • Sit ‘n baksteen in ‘n plastieksak in jou toilet se waterbak, dan sal dit minder water gebruik as jy spoel. Hieroor het Prof. Tertius ander idees. Hy sê bv. hy het die meganisme ontkoppel wat maak dat die handvatsel vanself af bly. Dus moet jy die handvatsel afhou vir soveel as nodig is. Hy reken ook mens kan die water uit jou wasmasjien in jou toilet hergebruik, maar dis bietjie baie moeite. Ek reken mens behoort dit outomaties te kan maak, ek sal dit graag eendag wil probeer as ek tyd het. Dan sê Prof. Tertius ook: If it’s yellow, let it mellow, ens.
  • Gebruik albei kante van papier. (Hoop hulle verwys na skryfpapier, nie toiletpapier nie!)
  • Probeer om produkte te koop wat minder verpakking gebruik.
  • Gee ongewenste klere of geskenke vir liefdadigheid.
  • Tap net genoeg water in die ketel vir wat jy nodig het.
  • Moenie TV’s en video masjiene op ‘standby’ los nie. (Dis nogal vir my ‘n moeilike een die. Party lande het blykbaar al wetgewing oor hoeveel krag so ‘n toestel mag gebruik. Ek het persoonlik al die stroomverbruik van ‘n sekere satellietdekodeerder getoets en gevind dit gebruik omtrent net soveel stroom as dit in bystaanmodus is as wanneer dit aan is.)
  • Vorm saamryklubs.
  • Laat jou wasmasjien teen 40 grade celcius was. (Ons gebruik kouewaterwaspoeier.)
  • Skakel ligte af as daar niemand in die vertrek gaan wees nie.
  • Kry ‘n opwen-selfoonlaaier.
  • Ry fiets na plekke toe.
  • Stort eerder as om te bad.
  • Dit is by CBBC Newsround. Die voorstelle is vir my nie almal ewe prakties nie. Ook snaaks vir my dat hulle nie daar die oorsaak van aardverhitting noem nie – na my mening: oorbevolking. Ander maniere om te help wat hulle wel daar noem, wat nie op die lysie hier bo is nie, is om hernubare energiebronne soos wind-, son- en golfenergie te gebruik.

    Wat 7de Laan aanbetref, Oom Oubaas se sêgoed vind nog redelik byval, maar verder irriteer Paula ons, die nuwe Boyband irriteer ons, ens. ens. Die spelers se werklike-lewe bewegings word in die storie geakkomodeer. Al wie nooit weggaan nie, is die skrywers. Ek dink dit was vir my beter in die ou dae met goed soos Bosveldwinkel ens. wat vir ‘n paar weke aangehou het. Ons het ook maar aanmekaar dieselfde akteurs in verskillende reekse gesien, maar dit was ‘n nuwe storie, dus is die skrywers gedwing om uit hulle gerieflike groef te kom. Is dit dalk tyd dat 7de Laan self die groot wekker hoor lui?


    Responses

    1. Hi Blok,
      Ja, ek het gisteraand weer na ‘n lang tyd 7de laan gekyk. (Nadat Feetjie gese het ek klink soos oom Oubaas!) Ek weet nie of hy die regte een is om met sy verspotte deurmekaargeit ‘n ernstige boodskap oor te dra nie. (Ek hou van hom as karakter!) Die belangrikste ding is dat daar ‘n bewuswording geskep moet word dat dit nie meer kinderspeletjies is nie. Meer mense moet meer gereeld daaroor praat.

    2. Hallo Chris…oor die skaakspelle…ek gebruik chess publisher..
      http://chess.maribelajar.com/chesspublisher/index.php
      dan “export” ek my skaakspel na ‘n pgn-file en copy/paste dit in die linkerkant…dan kliek ek regs op “generate” en dan verskyn daar ‘n bord met stukke…interaktief…met die kode onder in ‘n teksboks. Dan copy/paste ek daardie kode (iframe…) in die blog en siedaar!
      as jy wil, kan ek ‘n skaakspel se kode hier vir jou gee en jy kan sien wat ek meen…op die skaakwebsite waar ek speel, het een ou alles in sy mag probeer om my te help, daar is GEEN manier met WP nie, tensy ek BETAAL…om ‘n website te he en ‘n plug-in kry…en dit wil ek nie doen nie…ek wil nie betaal om te blog nie….ek het ‘n toets gedoen met ‘n program…hy is tans op Tarentaal1 as jy wil kyk…dis met Camstudio gedoen…al wat ek nie hou van Camstudio nie, is dat hy ALLES op jou skerm afneem en jy kan nie fokus op die bord self nie…Jing is baie oulik, maar ek kan nie ‘n SWF file oplaai op die host site waar ek Camstudio kon oplaai nie (www.photobucket.com). Hy wil hom nie laai nie…anders sou Jing die ding vir my gedoen het!😦
      Ek hoop jy het ‘n moontlike oplossing, jou website le oop hier al meer as ‘n dag op my rekenaar, ek het net nie daary uitgekom om te begin lees nie, te besig gewees met al die skaakdinge wat nie werk nie!!🙂

    3. Kry ‘n opwen-selfoonlaaier?! Ek het nie geweet mens kry sulke goed nie. Nooit te oud om te leer nie. Sal mOre bietjie rond skakel vir een.

    4. Roer, ek het so ‘n flitsie gekoop, so ‘n gele, wat ook ‘n radio en ‘n sirene is, en hy het ook ‘n plek waar mens glo ‘n kabel kan inprop om ‘n selfoon te laai. Ek glo dit gaan nie maklik wees om die kabel te kry nie.

      Ek het maar weergegee wat ek op daardie webwerf gekry het – ek glo nou nie ‘n selfoon se laai vat soveel krag nie.

    5. Kan hul nie eerder n sonkrag selfoon uitvind nie?


    Lewer kommentaar

    Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

    WordPress.com Logo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

    Twitter picture

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

    Facebook photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

    Google+ photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

    Connecting to %s

    Kategorieë

    %d bloggers like this: