Posted by: mykopop | Maandag 5 November 2007

Agter Wind Aan – Transformers

Musiek: D. Maree Liriek: D. Maree, E. Bezuidenhoudt, M. Robinson

Daar skaars genoeg ure in ‘n dag
Om te wheel en te deal en die ponde te jaag
Nog so baie dinge om bymekaar te maak
Asof mot en roes dit nie aan kan raak

Sit dit op jou kaart, teken ‘n tjek
Die man van die bank sê dit pas hom perfek
As jy vir die res van jou lewe wil graft
Leen nog ‘n paar duisend op jou overdraft
Ons jaag agter wind aan
Ons jaag agter wind aan

Rol ‘n jay vir die pad, ‘n paar pienks om te pop
En na ‘n ry Daniels is die lewe op sy kop
Impress al jou pêlle met nog ‘n lyn coke
Dis twee dae na pay-day en jy’s lankal broke
Ons jaag agter wind aan
Ons jaag agter wind aan

Ek sal jou rug krap, doen dieselfde vir my
Elkeen connive maar vir wat hy kan kry
Jy’s op ‘n roll ry ‘n blink BMW
Jy weet als van vat maar so min van gee

Jy lieg vir jouself, dra swaar aan jou stres
Jy dink jy is cool, gemeet aan die res
Maar op die dag as die groot wekker lui
Sal jy my kan sê wie en wat is jy?
Ons jaag agter wind aan
Ons jaag agter wind aan

Is daar iets in die woorde wat jy ook dink ons vir Kersfees moet onthou?

Hier is so ‘n mp3 lekseltjie! Hoor die kitaar, hoor die meesleurende wysie, hoor die penniefluitjie, voel die ritme!

front.jpg


Responses

  1. […] het dit my laat dink aan die woorde “as die groot wekker lui” uit die liedjie “Agter Wind Aan” van die groep […]

  2. nie ek nie ek sit en dagdroom
    oulike liedjie
    vrolik


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: