Posted by: mykopop | Vrydag 2 November 2007

Amper Matrone Nortje Se Pa!

Vêr Vlam Die Oranje – Dorothea Möller-Malan
ver-vlam-voorblad.jpgEk is nou nie juis ‘n sepiekyker nie, maar kyk tog 7de Laan, wel onder protes. Ons etenstyd in die aand het altyd saans met 7de Laan saamgeval toe dit begin het. Dus het ek nie gekyk nie, maar tog gesien. Toe was daar ‘n boksgeveg tussen Oom Francois en Oom Oubaas, en ek het begin kyk.

‘n Paar maande gelede was daar groot drama toe Matrone uitvind dat haar oorlede pa nie net met haar ma getroud was nie, maar ook met ‘n ander vrou en dat sy ‘n halfsuster het. Haar pa was ‘n ingenieur wat aan die bou van die Verwoerddam (nou die Gariepdam) gewerk het en so vir maande weg van die huis was.

So ‘n jaar gelede loop ek hierdie boek raak by die FFCL, dis nou die Friends Of The Florida Community Library, hulle het ‘n stoor met oprolgaragedeure agter die bib waar hulle ou boeke verkoop. Ek sien voor in hom is in potlood geskryf R10, maar hulle het later die boeke goedkoper begin verkoop, dit mag wees dat ek niks meer as R5 vir hom betaal het nie. Omdat ek langs die Oranjerivier (heelwat verder af teen die rivier) groot geword het, het ek dit natuurlik dadelik opgeraap. Eintlik ken ek nie die wêreld by die Gariepdam rond nie.

Die boek speel in Bethulie af, eintlik voor die bou van die dam, ek kan nie die storie meer onthou nie, maar die storie van Matrone se pa het my net weer aan die boek herinner. Ek onthou wel dit was nogal spannend. Die boek is eintlik ‘n boekklubboek, eintlik heeltemal misplaas, want dis goed nagevors, of die skryfster, Dorothea Möller-Malan het net eenvoudig ‘n goeie agtergrondkennis gehad. Ek wonder of iemand nog iets weet van haar? (Ja, ek sien Google weet, maar ek sal ander dag kyk, my ADSL bestaan amper nie). Die boek het in 1966 verskyn en het 85c gekos, of mens kon R4.70 betaal vir ‘n boek per maand vir 6 maande. Terwyl ons ‘n familiekuier gehad het, en ek besig was om die boek te lees, vind ek toe uit my skoonsuster het in Bethulie skoolgehou. Later het ek toe vir haar ook ‘n eksemplaar by die FFCL raakgeloop. Nou die dag het ek nog een gesien by ‘n winkeltjie, Boksendais, hier by die Kilburn-sentrum naby ons.

ver-vlam-kaart.jpg Hier is die teks voor in die stofomslag en regs die kaart voor in die boek:

Hierdie verhaal is gebaseer op ‘n
aktuele probleem en verweef met
Suid-Afrika se grootste rivier, die
Oranje.
Dit is ‘n verhaal van stryd en sweet,
van die mense wat langs die bolope
van die Oranje woon en werk, oor die
bewaring van die eie bodem en die
lewenskrag wat daar van die oranje-
rivier uitgaan.
Daar word ook vertel van die droom
van Lodewyk van Wateren -‘n droom
wat groter as die werklikheid geword
het. Ook word vertel van die liefde
van ‘n jong man, wat amper te besig
was om lief te hê; en ‘n jong meisie
wat byna te veel van die lewe verwag
het, of kan ‘n mens te veel verwag?
Dis ‘n sterk roman met ‘n groot
boodskap.

En net as jy lekker nuuskierig wil raak, hier is die eerste bladsy (terloops, was Van Wateren nie ‘n briljante naamkeuse vir die hoofkarakter nie?):

“Here, hoe lank nog. ..” sug Lodewyk van Wateren as
hy na die verlatenheid om hom kyk.
Dit is droog. Bitter droog.
Elke bossie, elke krieseltjie grond smag na water, maar die
wolke bly gesluit en die Oranje vloei verby. So vroeg voor-
middag lê die aarde al en bewe in die walms van die son.
Om hom sien hy niks anders as die geskende aarde nie –
spoelslote en groeiende dongas wat jaar na jaar deur ongetemde
oorstromings dieper intand.
Kyk net hoe lyk die aarde aan die oorkant van die rivier –
dwarrelwinde en ‘n paar swart kraaie wat “Kó-ó kó-ó” oor
die bult verdwyn.
Om hiervan iets te probeer red, is byna ‘n onbegonne taak –
‘n taak wat tyd en geld en mannekrag verg want as jy eers ‘n
begin gemaak het, weet jy nie waar jy gaan eindig nie, en
praat nie van die sweet en bloed nie.
Lodewyk is vroeg vanoggend al van die huis af weg om
vir iemand ‘n watersloot hier langs die rivier te kom uitmeet.
Tot dusver het hy nog niks uitgerig nie, want hier is nie ‘n ge-
skikte plek vir ‘n watervoor nie.
Myle en myle aanmekaar rus die rivierbedding op ‘n Ïn-
sinking van die aarde en lê die water in die meeste plekke te
laag vir so iets. Jy moet of welvarend wees om die water met
‘n pomptoestel na ‘n opgaardam hoër op te pomp, en dit is
die eienaar van hierdie plasie nie, of jy moet tevrede wees met
jou skaapboerdery en nie met lusernlande probeer sukkel


Responses

  1. NEE! Nou sal jy nog episodes moet plaas – jy kan ons nie net so los nie en waar kry ons nou die boek te lese?

    Dit kan ‘n aparte sepie bladsy hier op jou blog word – ‘seblief!

  2. hehehe, ek sal so iets lees…

  3. Okay, speurder Skoor het toe uitgevind watter boek ‘gescan’ word (verwys Tequila skrywe van Son), en wag geduldig vir die opvolg woorde…

  4. Jissie, dit darem baie werk! Ek sal moet sien, miskien volgende jaar. Miskien moet ek die bladsye net as jpegs plaas, sal dit werk? Ek probeer nog ‘n tegnologiese deurbraak maak om ‘n klomp jpegs almal te OCR. Selfs vir jpegs gaan dit ‘n pyn wees, want my ou scanner is baie stadig, maar miskien kan ek ‘n kamera gebruik.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: