Posted by: mykopop | Donderdag 1 November 2007

Excell vorminvuller vir die luiaard

‘n Rukkie terug moes ek vorms invul by die werk. 20 Identiese vorms vir 20 verskillende toerustingmodelle. Ek het die vorm in Excell formaat ontvang en het besluit dit gaan ‘n pyn wees, ek sal verkies om al die data in een tabel te sit en dan moet die rekenaar vir my elke stukkie inligting op die regte plek in die vorms invul. Dis toe presies wat ek gedoen het met ‘n bietjie Visual Basic. Ek het ‘n weergawe gemaak wat ek kan versprei, hier is hy: laai af. Gebruik asb. jou eie antivirussagteware om te verifieer dat daar geen wurms in die lêer is nie.

Om hom net te toets, maak so:

  • Maak die lêer oop in Excell
  • Let op daar is twee bladsye: Blank en Data. Blank is natuurlik die blanko vorm en data is wat ingevul moet word, plus die koordinate waar dit ingevul moet word.
  • Omdat daar ‘n makro in die lêer is, sal Excel jou vra of jy dit wil toelaat. Kliek op “Enable macros”.
  • Kliek op Tools | Macro | Macros en jy sal sien daar is een makro “DoenDit”. Kliek op die “Run” knoppie.
  • Daar sal ‘n klein vormpie verskyn met ‘n “Doen Dit!” knoppie. Kliek hom.
  • Jy sal sien ‘n nuwe bladsy word geskep vir elke ry data.

vorminvuller-run.jpg

Hoe om dit aan te pas vir jou eie gebruik.

  • Skep jou eie vorm in die “Blank” bladsy.
  • Gebruik miskien ‘n stuk papier om die koordinate van elke veld neer te skryf, bv. vir Naam is dit 3 en 2, d.i. ry 3 en kolom 2 (B).
3 3 6 7 8 8 10 10 11
  • Maak nou die Data bladsy skoon, vul eers jou eie veldname in ry 3 (Dis nie baie belangrik wat jy hulle noem nie, dis net vir jouself.) Vir kolom A moet jy verkieslik ‘n veld kies wat net uit een woord bestaan, en dit moet uniek wees vir elke ry. Dieselfde beperkings geld as vir bladsyname in Excell, want die data in hierdie kolom word vir bladsyname gebruik.
  • Vul die koordinate in rye 1 en 2.
  • Vul jou data in wat in die vorms moet kom.
  • Stoor in ‘n nuwe lêer.
  • Volg dieselfde prosedure as hierbo om dit te “Run”.
  • As jy die vorm wil uitdruk, kies File | Print en by “Print what” kan jy bv. “Entire workbook” kies.
  • Verkieslik moet jy dit nou toemaak sonder om dit weer te “save”, die data is mos in die “Data” bladsy. (Of gebruik ‘n ander naam.)

Ek hoop iemand vind dit nuttig, of al wys dit jou net wat jy met ‘n bietjie Visual Basic in Excell kan doen. Ek is nie ‘n ekspert met Excell of Visual Basic nie, maar as daar vrae is sal ek dit probeer beantwoord.

As jy die Visual Basic kode wil sien, maak so: Kliek op View | Toolbars en maak seker daar is ‘n regmerkie by Visual Basic. Soek nou daardie Toolbar en kliek op die Visual Basic Editor knoppie, hy’s net links van die hamer en die moersleutel. In die linkerkante venster bo, soek vir Forms | Userform1 en dubbelkliek hom. Nou sien jy die klein vormpie in ontwerpmodus. Dubbelkliek die knoppie en jy sal die kode sien.


Responses

  1. Ek staan weereens verstom, wow dis cool! Dankie!

  2. Slimkop! Ek is seker dit sal een of ander tyd handig te pas kom.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: