Posted by: mykopop | Woensdag 31 Oktober 2007

Eurokoor is nog hier

Ons het toe Maandagaand die koor se uitvoering in die Mosaiek-kerk bygewoon. Dit was ‘n wonderlike ondervinding. Die musiek was meestal tradisionele kerkmusiek en gospelmusiek, nie kersmusiek soos ek aanvanklik gedink het nie. Ek het wel ‘n CD met kersmusiek gekoop wat hulle in Desember 2006 gemaak het.

Ek het die program geskandeer en wou dit graag geplaas het, maar die tegnologie wil weer net nie saamwerk nie. Ons ADSL by die huis is van laas week af meer af as aan. Maandagaand sit ek toe die lêer op ‘n USB-stokkie en bring dit gister werk toe, maar kry nie gister kans nie en vergeet ook die stokkie in die rekenaar. Vanoggend wys Windows toe net snaakse karaktertjies in die stokkie se directory. Sê vir Windows, eject hom en ons sit hom weer in. Nou wil Windows weet of ek hom wil format. [ Bygevoeg: 3-vinger-saluut : ctrl-alt-del, vyf minute om vir Windows om homself te reoriënteer en die USB-stokkie werk weer.]

‘n Hele paar van die liedere wat hulle gesing het was in Frans, dis vir my geweldig mooi, al verstaan ek nie Frans nie. Hulle het ook 2 liedere in Afrikaans gesing, nie heeltemal die regte uitspraak nie maar darem, asook een in Zulu. Daar is een lied wat ek kan onthou van die program: We Proclaim Him, gekomponeer deur ene T. Williams, wat vir my baie besonders was – dit het my hier en daar herinner aan daardie deel van Handel se Messiaskoor waar hulle sing: “The mighty God, the everlasting Father, the Prince of Peace”.

Die volgende optredes is nog oor:

1 November 2007 Nelspruit – Civic Centre 19h00
2 November 2007 Malelane – Schulzendal Mission 10h00
4 November 2007 Kranskop – Kwasizabantu Mission 16h00
6 November 2007 Pietermaritzburg – Hilton College Theatre 19h00
7 November 2007 Durban – Westville Baptist Church 19h00

Die opkoms by Mosaiek-kerk was vir my bietjie teleurstellend – miskien is dit net omdat die plek so geweldig groot is. As jy een van die optredes kan bywoon, moet dit nie misloop nie, of as jy iemand ken wat kan, laat weet hulle, dis regtig iets besonders.

—–

Hier is die program nou, soos uitgevoer in die Mosaiek-kerk. Die lied Ukuhlabelela is vervang met Siya Hamba.

eurokoor-program.jpg


Responses

  1. hartlik welkom. in vier stemme.

  2. (ek’s bly jy ken ook die term “drie vinger saluut”, ek dog dit het uitgesterf.)


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: