Posted by: mykopop | Dinsdag 30 Oktober 2007

Die blou berg moet ek oor

blouberg.jpg

Klink die volgende versie dalk vir jou bekend hierdie tyd van die jaar?

die tasse is gepak en die motor klaar gelaai
die vakansie lê net om die draai
die plan was dat ons vroegdag al,
dou voor hanekraai
die pad sou vat na Mosselbaai toe
nou staan ek hier soos kiepie
oor die kinders eers wil piepie
en die sleutel speel alewig blikaspaai

Dit kom uit die titelsnit Die Blou Berg Moet Ek Oor van Lucas Maree se CD “Blouberg”, waarop hy ‘n aantal ou Afrikaanse liedjies verwerk het. Vir die meeste liedjies, soos hierdie een, gebruik hy die koor saam met versies van sy eie. Hy gaan so aan met die liedjie, by Colesberg is dit weer dieselfde storie met die kinders. Hy slaan ‘n stewige tempo aan, dan, by Meiringspoort ontwikkel Lucas dieselfde behoeftes en moet weer stilhou, en die liedjie word skielik baie rustiger:

en hierdie keer is dit ek wat nou moet stop in Meiringspoort
en dis toe dat ek die stilte hoor
Ja hierdie is ‘n stilte
wat hart en siel deurboor
dit is waardig, soos ‘n engelekoor
Geluk is soos die stilte
en jy kry dit oraloor
luister net en jy sal hoor

die blouberg bly maar altyd net ‘n berg wat mens moet oor
en dink jy net aan more gaan jy dalk vandag verloor

Ek het so twee stukkies van die snit uitgesny en aanmekaar gelas, net sodat jy ook Meiringspoort se stilte in Lucas se stem kan hoor. Luister hier! En koop sy CD!

Vir my was dit ‘n taamlike berg om te besluit om te trek van Blogspot na WordPress.com, maar ek is daaroor en hier is ek nou, kop en al! Dankie dat jy my gevolg het van daar af. As jy my RSS-voer gebruik, onthou net om dit op te dateer asseblief, asook die van julle wat so gaaf was om my in julle blokkerolle te sit.

So bietjie meer as ‘n week gelede moes ek Pretoria toe vir ‘n vergadering. Met die uitkom aan die oostekant sit ek taamlik vas in die verkeer en luister toe maar RSG. Hulle begin toe met hulle boekvoorlesing en ek wou net my eie musiek aansit, maar dit klink toe interessant – dit was ‘n stukkie uit die boek “‘n Sabbatsreis” van Annelie Botes, waaroor ek onlanks minstens twee vroulike bloggers sien skryf het. Die eerste stukkie het oor haar kontak met Dalene Matthee gegaan en was boeiend. Later het sy ook oor ‘n spesifieke verjaardag gepraat – presies dieselfde blouberg wat ek nou moet oor. Ek sal seker maar die boek binnekort moet lees. Gelukkig het my nuwe blog darem nou nul kersies of sy koek!


Responses

  1. Hi! Dit lyk alte netjies hier in WordPress! Geluk! oulike inskrywing ook!

  2. Ek het gewonder of ek die verkeerde link gedruk het! Lyk snazzy, hoor. En as ek Roer reg verstaan, is gelukwense in orde?

  3. Lyk netjies hier. Eerste keer wat ek jou blog besoek.

  4. Ai, ek is bly jy is ook nou deel van hierdie “family”. Nou kan mens jou blog ordentlik lees en ordentlik kommentaar los. BAIE welkom!

  5. yay! nog ‘n skapie in die kraal. welkom by wordpress!

  6. Ek moes ‘n politikus geword het met my oorredingsvermoe!!

    Bly jy’t geskuif, nou kan ons kruisies op jou kop, aag ek bedoel blok, kom trek – sonder om onsself aan identifikasie red-tape bloot te stel!

    Meiringspoort…mmm. Het jy al onder daai waterval geswem?

  7. Baie welkom hier! Goeie besluit! 8)

  8. Welkom hier op WordPress. Het ‘n paar keer gesukkel om kommentaar op jou blog te lewer. Hoop jou verjaarsdag was sommer BAIE lekker ook!!

  9. Hi Chris…ek het gedink ek wil jou vra hoe om die blog oor te dra na WordPress, ek wil myne ook skuif en Skoor het my nou finaal oorgehaal…laat my weet asseblief…groete!

  10. […] en plekke te sien wat ek nog nooit gesien het nie, daarom het ek dit gedoen met ‘n inskrywing Die Blou Berg Moet Ek Oor […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: