Posted by: mykopop | Vrydag 26 Oktober 2007

Knip jou oog…


Jare gelede het ek gehoor van ‘n man, hy mag ‘n wetenskaplike gewees het, wat veroordeel is tot die guillotine. Hy het ‘n vriend gehad wat ‘n dokter was, en hulle twee het gewonder of mens se kop nog vir ‘n paar sekondes lewe nadat jou kop met die guillotine afgekap is. Hulle kom toe ooreen dat die veroordeelde man sy oog sal knip as hy nog sy bewussyn het nadat sy kop af is. Wat ek gehoor het, is dat hy nooit sy oog geknip het nie. Nou het ek bietjie met Google gesoek oor die storie, en lees daar is mense wat sê die goeie dokter het getel dat die man 14 keer sy oog geknip het. Daar is ‘n lang stuk by Wikipedia oor die guillotine, hulle praat ook oor die voorval en sê die dokter se van was Beaurieux, en die man was ‘n gevangene. As ek die dokter se verslag reg lees, het die ou nie juis beheer gehad oor sy oogknipbewegings nie.

Voel jy ook soms dat jy ‘n boodskappie wil oordra, maar jy kan eenvoudig nie? In die afgelope week het Skoorbek op Skoorblok gekla dat die van hulle wat by WordPress.com blog, sukkel of dit onmoonlik vind om kommentaar te lewer by die van ons wat op Blogspot blog. Hulle gaan sover om te vra ek moet die skip verlaat en oorkom na WordPress.com toe. Ek het bietjie navorsing gedoen en selfs die sagteware van WordPress.org afgelaai en getoets. Ek moet sê ek is baie beïndruk met WordPress.org se sagteware, maar minder beïndruk met WordPress.com se 50-meg limiet. waarna jy moet “upgrade”, dan kos 1 Gigabyte you $20 vir 12 maande. Ek sal graag wil hoor van die WordPressers of een van hulle al die limiet getref het. (Klink my dis darem net vir lêers wat jy oplaai, soos foto’s, nie vir die teks van jou inskrywings nie.)

Laat weet my asseblief of jy sukkel om kommentaar te lewer by my, of nie! Wel, as jy nie kan kommentaar lewer nie, stuur ‘n e-pos as jy wil, my gmail addres is hier iewers aan die regterkant. Op las by op Skoorbek se inskrywing. Of knip jou oog!

ooOoo

Hier by ons is ‘n digte mis van gisteraand af al. Ek wag nou dat die res van die huismense wakker word. Ons ry vandag vir die dag Coligny toe, so 180 km van ons af.


Responses

  1. Daar was net gisteraand ‘n film op een van die Britse kanale oor die guilotine! Ek het net die eerste sowat 20 min gekyk…was laat al lank verby middernag! en te moeg!🙂

  2. Ek is nog te kort by WordPress om klagtes te he. Ek wil net se, ek het ook gehoor van die ou wat sy oge geknip het, en dit was vir my erg! Bly om te hoor hy het nie beheer daaroor gehad nie. Sal nou beter kan slaap!

  3. Ek het nog nie my limiet bereik op
    WordPress nie, maar behoort seker binnekort, want ek het al baie liedjies ens gelaai.

  4. wordpress is beter! en ja, dis altyd ‘n pyn om op blogger ‘n boodskap te los. daar is altyd soveel admin.

  5. En skielik het KO’nB ‘n setting verander, en kan ek ook menings lug!

    Nee wat vriend, lyk my jy sal maar moet pak en trek.

    Ek het baie ouens al raakgelees wat hulle blogger blog hou, en daarna verwys op hulle WP blogs, so dit is nie asof hy afsterf, of kop-af raak nie.

    Dis ‘n heerlike vooruitsig – die gebouery aan ‘n nuwe Kop op ‘n Blog!

  6. nah, die 50 meg ding is nie vir my ‘n probleem nie. ek upload groot files na ander servers: foto’s na flickr of photobucket, audio na ‘n cool, free upload site waarvan ek nou die naam vergeet het en so aan. baie cool site met direct linking en alles.

    ek gebruik wordpress slegs as dit heeltemal nodig is, of vir sommige spesifieke files – my “stultus” rubrieke upload ek bv ekslusief net na wordpress.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: