Posted by: mykopop | Donderdag 25 Oktober 2007

Patrick Mynhardt is dood

Patrick Mynhard as Oom Schalk Lourens.

Patrick Mynhardt, een van Suid-Afrika se grootste akteurs ooit, is vandag in London oorlede.

Hy was natuurlik by uitstek bekend vir sy vertolking van Oom Schalk Lourens, die storievertellerkarakter van Herman Charles Bosman se verhale.

My 25+ jaar-oue versamelde werke van Bosman, waarvan die boks al effens gehawend begin raak. Wyle Kas van den Berg het ook onlangs vir my gesê dis tyd om dit weer ‘n slag te lees.


Patrick Mynhardt was ook baie bekend vir sy stuk Boy van Bethulie, die stuk waarmee hy tans ook in London was.

7de Laan-kykers sal hom ook onthou as Oom Boet, dis nou Oom Francois se oom, wat later met Tannie Rademan getroud is, maar baie lank laas te sien was. Ek wonder of hulle hom in die reeks ook sal “laat doodgaan”, of sal hulle hom net nooit weer noem nie? Ek het nog ‘n ander ou boek wat ook ‘n tipe van verband met Bethulie en 7de Laan het – daarvan vertel ek julle ‘n ander keer.

Patrick in die trefferreeks Vyfster, as die karakter “Pappa”, wat nooit gepraat het nie – fantastiese spel soos net hy kon lewer.




‘n DVD-stel van sy werk sal nou baie van pas wees.

Foto’s: SABC2


Responses

  1. Dis ‘n JAMMERTE!!! BAIE SLEGTE nuus!!!

  2. 😦


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: