Posted by: mykopop | Vrydag 19 Oktober 2007

Lucky Anton


Toe ek gisteraand die nuus gehoor het van Lucky Dube se dood het ek onmiddelik gedink aan Anton Goosen, want dis al musiek wat ek nog ooit gehoor het van Lucky Dube – sy samewerking op Anton se liedjie Danzer. Nietemin het sy dood vir my as ‘n skok gekom. (Ek hoop dit sê iets vir my nie-rassis status.) Vir my was hy ‘n musikant, iemand wat wil werk vir ‘n bestaan, en ek respekteer hom – mens word nie sommer verniet ‘n internasionaal bekende musikant nie. Ek wonder wat wou hy die naweek gedoen het? Die wêreldbeker rugby op TV gekyk het miskien…

Anton is mos self hierdie jaar in Januarie op sy plaas Gansbaailapa aangeval en beroof. Volgens Anton, al was sy aanvallers swart, het die voorval niks met ras, geloof, velkleur of oogkleur te make nie. Ek wonder net wat doen die nuus van Lucky se dood aan hom. Gelukkig was Anton luckier as Lucky.

Foto’s:
http://www.mio.co.za/newsitem.php?id=1956
http://www.antongoosen.co.za

P.S. Ek het so pas die volgende op Anton se webwerf gekry:

Lucky dube dood
19 Oktober 2007

Ek is verkriklik jammer oor wat met Lucky Dube gebeur het. Ek het hom ervaar as ‘n baie peaceful man. En wonderlike musikant. Wêreldberoemd. Sy naam in Afrika is so groot as Madiba s’n. Ek sal dancer onthou.

Ons land bloei…

Ek weet ook.

My hart is weer seer.

tony g


Responses

  1. Ek het sommer in trane uitgebars toe ek dit hoor. Die situasie is nie normaal nie. Maak nie saak wat Freek Robinson sE nie (na aanleiding van sy RSG gesprek gisteroggend waarin hy sE ons Suid Afrikaners kla tog so maklik). Die man is afgemaai voor sy kind. Totsiens aan nog ‘n SA talent. Onnodig!

  2. Snaaks dat dit nie eers by my opgekom het dat hy ‘n swart kunstenaar is nie. Hy was ‘n Suid Afrikaner en sy arme seuntjie is erg getraumatiseer deur hierdie gebeure. Nie-rassigheid het op voetsoolvlak baie verder gekom as in die Parlement!

  3. Ja, baie hartseer, en die hoeveelste kunstenaar is dit nou! Hoop die regering begin iets doen!!Terloops, ek sien ons dink al weer dieselfde! Ek hou van daardie Google ene van jou!🙂


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: