Posted by: mykopop | Dinsdag 16 Oktober 2007

Kragteloos


Elke aand kom hierdie kennisgewing onderaan ons TV-skerms. Is daar één van julle wat opspring en gou die stoof, die geyser en sommer alle ander onnodige goed wat elektrisiteit gebruik gaan afskakel?

Meer inligting is veronderstel om beskikbaar te wees by die URL http://www.poweralert.co.za. Daar is ook ‘n RSS-voer daar, maar dis nie ‘n skakel waarop jy kan kliek nie, jy moet die “cut & paste”. Die afgelope week is daar oor die radio gesê dat Eskom op hulle webwerf die “load shedding” skedules sal gee. Ek het vergeefs probeer om die naam van my voorstad daar te kry, tog was ons krag laasweek een oggend vir 2 ure af. Ek het ook iets daar gesien wat sê as jy jou elektrisiteit van ‘n munisipaliteit kry moet jy by hulle die inligting kry. Ek het ook vergeefs gesoek by http://www.joburg.org.za. Ek dink dis nie onbillik van my om te verwag dat daar darem ‘n beter stelsel is waar mens kan uitvind wanneer jy ‘n geskeduleerde kragonderbreking te wagte kan wees.

Daar is nou allerhande argumente van Eskom hoekom daar nou skielik ‘n probleem is. Nat steenkool gaan nie af by my nie – dis tog nie die eerste keer in jare wat ons reën kry nie. Wat ek wel glo, is dat daar nou baie meer mense is wat elektrisiteit ontvang as voorheen. Ek wonder maar net hardop – betaal hulle almal daarvoor, of moet die voorheen bevoorregtes betaal en nog ongerief ly ook?

Ek het net een groot vraag: Is daar in Suid-Afrika dan nie meer so-iets as beplanning nie?


Responses

  1. Wel, ek kan nie glo dat mense opspring nie! Waar ons by die familie gekuier het, het niemand opgespring nie!…wat dink hulle!Gaan mense regtig spring?

  2. My alles-omvattende antwoord op jou vraag:

    NEE!

  3. My houding: Moenie julle probleem, my probleem maak nie!

  4. As ons geyser aan is, sit ek dit gewoonlik af as ek hierdie boodskap kry.

    Tog stem ek saam: die verspreiding van inligting i.v.m. kragonderbrekings is regtig nie goed nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: