Posted by: mykopop | Sondag 14 Oktober 2007

Don’t cry for me Argentina

So kan die rugbywêreldbeker omtrent die Pumas toesing na gisteraand se 37-13 loesing wat hulle van die Bokke ontvang het!

Terwyl die inleiding van die Argentynse volkslied gespeel het, het ek gesien daar is minstens twee van hulle wat glad nie hulle trane kon bedwing nie. Bly om te sien dat daar nog so ‘n trots is om vir ‘n mens se land te speel. (Of was dit oor hulle toe al die beker kon sien verdwyn?)

Ek sê toe, hulle moet eintlik sing “Don’t Cry For Me Argentina”. “Nee”, sê die kinders, “hulle kan maar solank sing: Cry, Argentina.”

Na die wedstryd het ek gehoor is vir die Pumas se kaptein gevra of hulle weer vir Frankryk gaan klop, en sy kommentaar was: “For us, the World Cup is over”. Ek dink hulle is bitter min lus vir daardie wedstryd.


Responses

  1. Wat ‘n “game”. Ek moet darem sê daar was tye toe ek beitjie gestress het. Maar “all in all” ‘n wonderlike wedstryd.

  2. Ai tog. Wat het geword van veg tot die einde en moes hulle nou regtig so baie trane pik. Ek het naderhand skaam gekry vir hulle part al sE liefie ek moet net onthou dis ‘n hoogs emosionele oomblik vir hulle. Nee man! Siesa.

  3. Lyk my ons HET eenders gedink! LOL!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: