Posted by: mykopop | Vrydag 12 Oktober 2007

P.G. Plak


Vir so ‘n paar maande, tot so twee weke gelede, was die komedie Andries Plak elke Vrydagaand om 6-uur by ons op die kassie (SABC2). Net vir diegene wat in die buiteland sit: Andries Melck is ‘n boer wie sê plaas deur plakkers beset is en toe deur die regering onteien is. Hy besluit toe om terug te plak en vestig hom op ‘n stuk oop grond in die stad, regs langs die erf van Rachel Herzkovitz. Weens ‘n misverstand beweer ‘n koerant dat Andries homself onsedelik ontbloot het. Hy beskuldig die burgemeester daarvan dat hy die storie begin het.

P.G. du Plessis het hiermee weer vir ons onverbeterlike vermaak verskaf. Deur middel van humor word kwessies wat ons diep naby die hart lê hier aangeraak. Diep filosofiese stellings kom soms voor in die dialoog, veral van die hoofkarakter, soms as hy na die kamera draai en hardop dink, soms ook in sy dialoog met ander karakter – soms ook in die woorde van die karakter Paulus Tsukudu. Die regisseur was Koos Roets.

P.G. mag beslis maar meer op my kassie kom plak!

Hier is ‘n paar foto’s uit die reeks:

Richard van der Westhuizen in die hoofrol, Andries Melck.

Annie Robinson as Rachel Hertzkovitz, wat nie Afrikaans praat nie, maar dit goed verstaan te oordeel aan hoe dikwels sy by haar tuinmuur afluister en afloer wat langsaan by die plakkerskamp aangaan. Vir my was sy een van die bestes in die stuk.

Fezile Mpela as Paulus Tsukudu, wat saam met Andries grootgeword het en later sy plaasvoorman was. Alhoewel hy en Andries meeste van die tyd haaks met mekaar is, skemer ‘n baie broederlike verhouding deur.

Paulus se bakkie:

Alvin Bruinders, as Sandy Hall, ‘n skollie en ‘n kansvatter…

alias Mr. Adrian H. Dyken, ‘n expert in die ‘framing busisnes’…

alias Rev. Jacob van Huysteen…
[Foto]

Nazli George, as Millie van der Westhuizen wat saam met die burgemeester werk, en ook ‘n student is wat besig is met ‘n proefskrif oor verhoudings tussen mense in plakkerskampe.


Elandri Stricker as Ralie Swarts, TV-verslaggeefster, wie se ma ook blykbaar al ‘n liaison met “Oom Andries” gehad het:

Selo Sebotsane as die korrupte burgemeester:

Elize Cawood as Andries se vrou, Heila, wat besig is om van hom te skei.

Norman Anstey (die m3p-man!) as die koerantman Arnoldus van der Watt.


Gelukkig het ek nog so twee of drie episodes wat opgeneem is om te kyk! Ek sien hulle noem by die krediete nog twee akteurs, wat seker nog moet opkom in wat ek nog moet kyk, of ek het vergeet:


Responses

  1. Ek het nie eers geweet daar is so ‘n reeks nie. Ek dink SAners was nog altyd goed daarmee om moeilike situasies met humor te ontlont. Dis ook hoekom ons wêreldklas advertensies maak.

  2. Nou maak jy my baie lus vir ‘n goeie Afrikaanse komedie. Hopelik sal P.G. Plak by Kalahari.net te koop wees.

  3. Hallo Labmuis! Onthou net die reeks se naam is Andries Plak, die naam P.G. Plak was net my naam vir hierdie inskrywing – dit het vir my lekker geklink en aanvanklik wou ek meer oor P.G. self sê, maar dit het net te lank gevat om die ding aanmekaar te sit met al die foto’s.

    Ek hoop regtig jy kan dit te sien kry.

  4. Ek het die reeks nogal geniet toe ons in Julie/Aug in SA was…

  5. Dankie vir die regstelling Kop. Ek sien die reeks is nog nie by Kalahari.net te koop nie, maar dit sal seker nog kom.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: