(Vir mede-tegnici, -programmeerders en -sukkelaars)
17 Julie 1993
Die rekenaar is besig
met gewigtige besluite
Die ene en die nulle
Stap aan op die eensame getok
van die meesterklok…
Die nulle en die ene
en dan’s daar nog diegene
wat nog wonder
of hulle vis of vlees wil wees
Die nulle wil graag iets word
en die ene so onstoke
oor die ewige gewag
En jy stuur hulle net deur
almal oor een kam geskeer
Maar miskien het die ontwerper
jou talente ver oorskrei
Jy het skielik warm begin kry
Jy het baie, baie warm begin kry
Met sweetdruppels wat op jy voorkop staan
het jy (vir oulaas) nog probeer
Skielik het jou rook al’s uitgegaan
By die ventilasieskrefies
sypel die laaste sweempies uit
En die nulle en die ene staan verstoord
voor jou ingangspoort
[Ons tegnici het ‘n ou raaiseljie wat ons altyd vir mekaar
vra: Wat is in ‘n rekenaarvlokkie wat hom laat werk?
Antwoord: Rook. As dit uitgekom het, werk hy nie meer nie.]
© 1993 Chris van der Westhuizen

baie oulik!
By: Nikita1 on Vrydag 12 Oktober 2007
at 10:32
Ditto!
By: Boer on Vrydag 12 Oktober 2007
at 15:03