Posted by: mykopop | Maandag 8 Oktober 2007

Askies, geen tornado!

Gister was daar ‘n SMS/e-pos kettingboodskapgerug dat ‘n tornado Gauteng om 17:00 sou tref. By die werk is vertel dat ‘n waarskuwing deur Netcare 911 uitgereik is, iemand het hulle glo gebel en hulle het dit glo bevesting.

Ek wil net verklaar dat ek en Prof. Peet Pienaar niks met daardie weervoorspelling te doen gehad het nie. Namens Carl Boplaas kan ek nie praat nie – dis miskien tipies wat hy sou doen!

Gisteraand omstreek 22:00 was ek en my vrou amper klaar met ons werksaamhede (ek sal julle nog meer van die DDS-projek vertel) en daar was ou koekpannetjies, ‘n broodpan ens. wat sy nie meer wou hê nie en ons het dit op die sypaadjie gaan sit vir iemand anders wat dit dalk nog wil hê. Ek sê toe vir haar, “As hier ‘n groot wind opkom reën dit vannag broodpanne!”


Responses

  1. Bly om te hoor dit was toe net ‘n ‘paar’ druppels.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: