Posted by: mykopop | Sondag 7 Oktober 2007

ASKIES, PROF P

deur Carl Boplaas

Ek wil julle prontuit vertel
hoe ek die were
so trompop kan voorspel:
Word die dae korter,
is hulle nie meer so lank;
kom daai kwaai storm nie,
kan julle die Here dank!
Die wind is soos ‘n gees
waai hy nie,
sal dit doodstil wees …
Eén ding bly geldig:
die son skyn immer elders.
Kom die winter nie vroeg nie,
is hy laat;
‘n kring om die maan
kan nog gaan,
maar om die son
sal weinig sondaars baat.
As die oostewind
uit die weste waai
het hy hoeka gedraai
Só word ek
– met die maan gepla –
al wyser hoe ouer;
word dit nie warmer nie,
bly dit so
of word dit kouer.
Agterna kan ek sekuur verklaar
hoe al die were stry teen mekaar.
Die miere werk,
die slange loop;
onthou om my betroubare
weervoorspellingsboek
nou te koop!

Wyle Carl Boplaas (van der Merwe) het hier lekker die draak gesteek met Prof. Peet Pienaar, bekende weerprofeet, se vermoëns om die weer akkuraat te voorspel. As ek dit reg het, is Prof. Peet ‘n wiskundige en het die weervoorspellery as ‘n stokperdjie begin en hom veral daarop toegelê sedert sy aftrede. Hy baseer sy voorspellings op waarnemings van die natuur- mense bel hom van oraloor om waarnemings met hom te deel (soos die miere waarna Boplaas verwys).

Hy was jare lank te hoor elke Saterdagoggend op RSG. Toe skielik, ek het geen aankondiging gehoor nie, was hy weg. Ek weet nie of daar dalk enige uitval tussen hom en die SAUK was nie. Ek het kort daarna gehoor hy voorspel nou Vrydae net so voor ses op Radio Pretoria.

Gisteraand op SABC2 se Afrikaanse nuus het SAUK darem weer van sy dienste gebruik gemaak. Hy skryf die reën wat ons nou kry toe aan die onlangse tsoenami in Indonesië. Hy het dit ook die afgelope twee Vrydae genoem.

As jy glad nie aan die Prof. se voorspelling glo nie, moet ek darem byvoeg – hy gee ook elke Vrydagoggend ‘n mooi gedagte vir die week uit die Bybel.


Responses

  1. baie dankie vir die advertensie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: