Posted by: mykopop | Vrydag 5 Oktober 2007

Saterdagaand tuis (1)

Ek het so ‘n paar maande gelede hierdie boek by die biblioteek uitgeneem en gelees. Ek het ‘n besondere nabyheid aan of éénheid met Kas gevoel. Miskien omdat ek besig is om by sekere mylpaaltjies in die lewe verby te gaan, waar Kas oppad was toe hy die rubriek geskryf het.

Saterdagaand tuis het as ‘n weeklikse rubriek in Huisgenoot verskyn van 3 Mei 1963 tot 20 November 1970. Die boek is ‘n keuse daaruit en is in 1981 deur Uitgewery Oranje uitgegee. Ongelukkig kan ek geen biografiese besonderhede oor Kas van den Bergh kry nie, ek dink hy is reeds oorlede, as my geheue my nie in die steek laat nie. ‘n Google-soektog na “Uitgewery Oranje” lewer ook niks op nie. Ek dink nog ‘n druk van die boek sal beslis nog steeds verkoop. Intussen, as iemand dalk ‘n eksemplaar het wat ek kan koop sal ek dit baie waardeer.

Herman Engelbrecht het die keuse gedoen en ook die inleiding geskryf. Die inleiding behoort besonder interessant te wees vir literatuurstudente. Ek gaan net kortliks daaruit aanhaal:


1) Die ontstaan en aard van die rubriek
Die koerant se geselsrubriek bied sy materiaal heel anders aan as die koerantberig, wat koud en saaklik is. Hier gaan die skrywer eintlik “geselserig” om met interessante of lagwekkende nuusgebeure.”
Die rubriekskrywer het veel meer vryheid as die verslaggewer.

2) Die tydskrifrubriek

3) Saterdagaand tuis
Hy het sy persoonlike mening gelug. Onverskrokke. té onverskrokke vir baie mense. Sy veragting vir die sogenaamde “heilige koeie”, reglementasie, burokrasie, snobisme, pretensie, skynheiligheid, die aftakeling van menslike waardes, waardigheid en vryheid het hy onverbloemd gestel.

Maar hy het ook sy persoonlike leefwêreld blootgelê, sy eensaamheid, verlange, liefde, drome, smart, kommer . . . sy vrees vir die ouderdom en die verbygaan van die mooi dinge . . . sy deernis met die mens . . . harseer oor ‘n brakkie langs die pad . . .
Hy het vertel van alledaagse gebeurtenisse en gevoelservaringe – dinge waarmee elke mens hom kon vereenselwig.

Soms was hy bitsig. Partykeer sommer moedswillig. Maar altyd was die kenmerkende humor daar.

Daar is een aflewering wat vir my persoonlik besonders is, ‘n Lewe van musiek. Hier skryf hy dat daar ‘n radio of platespeler in elke vertrek van sy huis is, en oor hoe sy kinders na hulle eie musiek luister wat hom dwars in die krop steek, maar hoe bly hy darem is dat hulle die liefde vir musiek van hom geërf het.

Ek haal ‘n groot deel van die volgende aflewering aan. Dit is vir my besonder weergewend van die soms bekrompe gees van daardie tyd:

‘n Naam vir my huis

Ons familie is (in volgorde van belangrikbeid) NELLIE, RENA,
CHRISTA, SONIA en KAS.
Ek gaan toe na ‘n ou toe wat my geld skuld (hy is ‘n letter-
skilder) en om iny familie te verras, skroef ek toe die huisnaam
aan die voorhek: NEREKASONCHR (spreek uit Neréka-
sonker).
Vreemd genoeg, net Sonia (6 jaar) was ingenome met die
naam. Sy het al haar maats in graad een gaan haal en hulle het
die hele middag by die voorhekkie gesit en gestaan en gelag.
Dit maak my so bly as ek my kinders gelukkig maak-
Maar daar was sekere probleme.
Kwaadaardige mense wat aan dieselfde party behoort as
ek, het in die Afdelingsbestuur gefluister dat dit die Russiese
woord is vir DIE ROOI SON SAL DAAG of DIE DAG VAN
VRYHEID EN VERGELDING SAL KOM of iets van dié
aard-
Later het ek gehoor dat die radiomas op my dak gebruik word
vir geheime uitsendings na Rusland en dat NEREKASONCHR
die kodenaam vir my stasie is.
Wat alles wys hoe gevaarlik dit is om liberale neigings te hê
in jou eie party .
Die naambord het een dag onverklaarbaar verdwyn. Opsigtelik
gesteel deur jaloerse bure, sê my vrou.
Dieselfde dag was daar ‘n verband oor haar linkerhand. Sy
was altyd onhandig met ‘n skroewedraaier .
Nou staan my huis kleurloos en naamloos, nog ‘n karakter-
lose kubus in die groot sisteem van dinge wat ons ‘n stad noem.
Gelukkig het dit sy kompensasiefaktore. Sê nou net my
huis was in die onderdorp, dan het dit beslis ‘n naam gehad,
iets soos Rosegeur of Komaan.
Soos met mense is dit beter vir huise om geen naam te hê
nie, eerder as ‘n slegte naam.

Ek is self al omtrent lewenslank ‘n Herman Charles Bosman aanhanger, dus is my hart seer saam met Kas, want ek het dieselfde ideale gekoester en begin nou self deur daardie gejaag na wind te sien. Ek los julle in Kas se bekwame hande, met die hele aflewering:

‘n Verlore geleentheid

Ken julle vir Herman Charles Bosman?
Hy het Mafeking Road geskryf en Un!o Dust.
Ook het hy Cold Stone Jug geskryf.
Op die een of ander tydstip was meneer Bosman by ‘n in-
sident betrokke en is hy ter dood veroordeel.
Die straf is versag tot lewenslank en hy het agt jaar of so
daarvan uitgedien.
Die boek is oor dié jare in die tronk.
Geen bitterheid nie, geen verwyte nie.
Die meeste tronkskrywers verval so maklik in patos en self-
bejammering.
Hier is niks daarvan nie.
‘n Moeilike, delikate situasie in die hande van ‘n meester-
verteller .
Ek was al een in die tronk wat skuldig was, vertel Bosman.
Almal daar het hul onskuld gebieg en die vervolgsug van die
polisie en die seniliteit van die regters geblameer vir hul aan-
wesigheid daar. Hy alleen het erken dat hy skuldig is. Die al-
gemene gevoelonder die bandiete was dat daar ‘n spesiale
soort tronk binne in die tronk moet wees om diegene te huisves
wat waarlik skuldig is.
So gevaarlik vir onskuldige mense om in kontak te kom met
mense wat werklik bieg dat hulle misdadigers is.
Dis jammer Bosman het in Engels geskryf.
Ek wens die dinge wat hy geskryf het, kon in Arikaans ge-
skryf gewees het. Vir Suid-Mrika het hy behoue gebly -dis
jammer hy het vir Arikaans verlore gegaan.
Vir dié van julle wat hom nog nie gelees het nie, gaan kry
een van sy boeke in die hande.
Begin by Mafeking Road en dan Un!o Dust. Lees heel laaste
Cold S!one Jug .
Die man se drif vir lewe en die humor daarvan maak jou
skoon hartseer .
En om te dink dat ek met hom kon gepraat het as ek net wou.
Ek was op universiteit in my vyfde jaar .
Ek het in die Julie-vakansie vir ‘n week by my aanstaande
skoonouers in Johannesburg gaan kuier.
Ek was 22 en baie opreg. Ek het geglo dat enige afwyking
van konvensionaliteit baie sondig is en dat die mense wat tel,
diegene is wat mooi huise het en lang, slap karre.
Die eerste middag roep my skoonma (aanstaande, bedoel ek)
na my en sê ek moet kom kyk.
Oor die veld heen voor die huis het ‘n man aangekom, op-
sigtelik rooi in die gesig.
Hy leef omtrent ‘n lewe, sê sy. Is dit nie vreeslik nie !
Ek sê ja, dis vreeslik verskriklik. Wie is hy?
Dis ‘n Bosman, sê my ma. Ek meen ‘n Bosman-man. Hy
bly hier reg agter ons in ‘n woonstel en hy skryf glo boeke of iets.
Ek het daardie tyd nog nooit daaraan gedink om iets te pro-
beer skryf nie en ‘n skrywer was iets boheems en onstabiel,
soos iemand wat drink.
Ek het tot by die voorhekkie gegaan om die man mooi te
sien. Ek onthou hom nog, want sy gesig was rooi, en sy oë
vry. Hy het my gegroet, maar ek het hom nie terug gegroet nie.
Hoe kon hy dit verwag?
Ek is jonk en idealisties, ses maande van ‘n advokaat af.
En nou, nou wens ek ek kan daardie middag weer ervaar .
Ek sou uitgaan en sy hand skud en dit vashou met albei
myne en saam met hom loop en hom vra of oom Schalk
Louwrens regtig gelewe het en ken hy regtig die stilte met sy
groot hart daar op Ramat-lhabama. Sê my, sal ek hom vra,
onthou jy die sagte donderweer van bosduiwe saans teen die
kranse in Dwarsberg? Of die geel populier langs die Marico-
rivier?
Herman Charles Bosman is natuurlik nou dood en ek kan nie
met hom praat nie.
Ek wens daar was iets in hierdie lewe (soos met gevangenes)
waardeur jy kon vasstel wanneer die deure na die groot Vryheid
oopgemaak gaan word.
Dan kan jy sulke mense opsoek en met hulle praat of hulle
vriendelik groet.
Ek weet net, uit daardie straat is dit net Herman Charles
Bosman wat vir ons sal bly lewe.
En ek wens so ek het daardie middag met hom gepraat.


Responses

  1. Die lewe darem!! dat mense nou so is…!🙂
    dankie, ek het al die inskrywings hier nou regtig geniet…

  2. […] ook Saterdagaand Tuis, die stukkie onder die opskrif ‘n Verlore […]

  3. Kas has passed away and left a lot of people more lonely for it. He was a great philosopher which is something few people know considering he wrote detective type novels. Great man of wisdom.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: