Posted by: mykopop | Donderdag 4 Oktober 2007

Erfdeel – Koos du Plessis

As dit gedaan is, en verby
die aarde weer sy erfdeel kry,
sal hierdie kunstenaar in my
nog iewers in ‘n boekrak bly

(Koos du Plessis)

Ja, Koos, jy het dit reggekry om jou self in menige boekrak te verewig, maar veral in menige CD-rak. Of is dit dalk in menige iPod?

Ek het onlangs eers met ‘n Google-soektog, ek onthou nie meer waarna nie, bewus geraak van die boek Erfdeel. Die boek is deur sy dogter, Irma, saamgestel.

Ongelukkig het ek nog nie die boek nie. (Jammer daar is so baie op my lysie op die oomblik.) Jy kan dit hier bestel.

Wat lekker is, jy kan ‘n aansienlike uittreksel uit die boek as ‘n Pdf-dokument aflaai, gaan kyk hier, heel onder aan. Daar is heelwat foto’s soos die een hier links, in die uittreksel. Die versie hierbo kom ook daaruit.

Ek het darem reeds in my rak:

  • Kinders van die wind en ander lirieke met wysies en akkoorde
  • Om jou verlaas te groet – Nagelate verse
  • skink nog ‘n uur in my glas

Uit laasgenoemde het ek lank terug een van die gedigte getoonset. Ek het nogal taamlik hoendervleis gekry toe ons Nagkantoor gaan kyk het en hulle dieselfde gedig voordra in plaas van sing! Ek sal nogal nie omgee as ek eendag Koos se sangeres-dogter Karla kan raakloop en haar oorreed om my wysie te sing nie.


Responses

  1. Daar is net een Kood Doep! Ek kan “skink nog ‘n uur in my glas” oor en oor lees en elke keer op iets nuuts afkom! Ek weet van “Erfdeel” en sal dit in die hand kry wanneer ek weer SA besoek.

  2. MAL oor Koos Doep!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: