Posted by: mykopop | Sondag 30 September 2007

‘n Hakken latei

Nee, nie lakei nie. Ek hoop jy’t geweet latei is die Afrikaanse woord vir die Engelse “lintel”. Net vir die kinders wat nie weet wat ‘n latei of ‘n “lintel” is nie – dis ‘n voorafvervaardigde reguit stuk beton, versterk met draad of staal, wat bo ‘n deur of vensteropening ingebou word (sien illustrasie hieronder). Onthou die storie wat Pieter Pieterse op Spies-en-Plessis of Maak ‘n Las vertel het van die hakken …en olifant?

‘n Latei. Dit kom in baie langer lengtes – http://www.incacape.co.za/walling.blocks.htm

Ek was gister besig met ‘n elektriese werkie in die huis. Ek wou ‘n nuwe stoofisolator in ‘n muur installeer waar nog nooit ‘n stoof was nie. Ek wou dit nie in ‘n oppervlakgemonteerde kassie sit nie – dit lyk nie mooi nie. Die vertrek waar dit gebeur was vroeëer buitenshuis, voor ons ‘n paar jaar gelede laat aanbou het. Die muur waarin ek die kassie wou inplant was deel van die ou huis wat van gebakte kleistene gebou is. Ek sou dus redelik gou en netjies ‘n mooi vierkantige gat vir dir 4×4-boks kon kap. Sou…

Ek het die agterkant van die stoof gemeet en besluit, goed die isolator kom so ‘n bietjie hoër, so 1.5m lyk net reg. Merk dit mooi uit met ‘n waterpas en potlood. Ek besluit toe, kry ‘n betonboor en boor gaatjies op die hoek en so hier en daar op die kante, dit sal dit makliker maak. Die boonste gaatjies gaan maklik in, maar die onderstes wil nie beweeg nie. Die boor maak skaars ‘n vaal kol. Goed, dink ek, ek het dit al gesien dat van die bakstene klinkers gevorm het, ek sal maar net moet kap met die hamer en die beitel. Kap voort, splinter spat in alle rigtings. Maar die tekstuur lyk meer soos beton as soos ‘n klinkersteen.

Toe ontbloot ek skielik ‘n stuk draad. Goed, daar kom mos draadversterkings op elke sekere aantal stene tussen die lae stene. Miskien is dit ‘n baie dik laag sement tussen stene, met draad in. Toe tref dit my: Dis ‘n hakken latei! Voorheen was daar so ‘n oop gedeeltejie voor die bediendekamer en -toilet se deure. Ek kyk dadelik na die ou bediendekamerdeur wat nog bestaan – ja-nee, presies dieselfde hoogte.

Sien die draad in die latei. Jammer, die flits het gesorg vir swak foto’s en ek was haastig.

Ek moes toe maar noodwendig my isolator bietjie hoër skuif.

In die agtergrond is die bokant van die “bediendetoilet” se deur – dieselfde hoogte!

En so lyk die hakken vloer!


Responses

  1. hmm…nou het ek ook ‘n “nuwe” Afrikaanse woord geleer!🙂 Lyk my jy was bietjie “besig” gewees! Dit reen vandag hier by ons…pannekoek sou nou lekker gesmaak het…as jy nog besiger wou raak! …

  2. Nuwe woord geleer Nikita1? Watter een – hakken of latei?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: