Posted by: mykopop | Vrydag 28 September 2007

Dankie dat ek hier staan…

In 2003 het ons na ‘n konsert van Heintje Simons (oftewel Hein) in die Aula in Pretoria gaan kyk. Een of ander tyd tussen sy sangnommers, begin hy baie plegtig:

Ik wil graag zeggen

Dank U, aan onze Hemelse Vader, dat ik vanavond hier staan kan…

Dank u, aan mijn ouders, dat ik vanavond hier staan kan…

En dan:

Dank u, aan mijn vrouw en kinderen dat ik hier staan moet!!!

laasgenoemde met ‘n duim-oor-voorvinger vryfbeweging.

Hy het nogal ‘n sin vir humor, en mens kan op die verhoog sien dat hy al lank ‘n superster is. Ons het sy Afrikaanse CD wat toe uitgereik is daar gekoop en hy het dit vir ons geteken. (Ek moet bysê, die sinkonstruksie “dat ik hier staan kan” het ek nogal amusant gevind.)

Ek luister nou so vinnig hier en daar na stukkies van die CD. Mooi melodieë, uitstekende verwerkings – tog moet ek sê, dit het nooit een van my gunsteling-CD’s geword nie.

Tog snaaks, ‘n Nederlandssprekende stem wat in Afrikaan sing het altyd vir my een of ander geheimsinnige aantrekkingskrag gehad. Hoekom het hierdie CD van Heintje nie eintlik byval gevind nie. Ek kan nie mooi onthou of dit op die radio gespeel is nie, maar indien wel was dit maar min. Sou dit wees dat dit as “outyds” beskou is omdat hy al in die sestiger en sewentigerjare bekendheid in Suid-Afrika bereik het? Dit kan tog nie die Nederlandse aksent wees nie – Dana Winner bv. is tog ook baie gewild in Afrikaans.

Ek het nog twee ander CD’s van hom, “Mama” met sy kinder-ster treffers soos Mama, Heidschi Bumbeidshi en Liebe Sonn Lach Doch Wieder. (Die een het ek self in Amsterdam gekoop: die prysplakker sê: NLG 16.55, EUR 7.51, dus in die tyd wat hulle besig was om die Euro in te faseer.)

Die ander een, “Heintje sing in Suid-Afrika” het die verkeerde foto voorop, want dit toon hom as ‘n seun, terwyl die snitte dieselfde is as op ‘n plaat wat hy as jong man uitgegee het, waarop die voorblad hom as ‘n jong man gewys het. Nietemin, daar op is ‘n liedjies soos Jou Hart Is Weer Myne en Ruiter Van Die Windjie. Aangesien ek baie kere na die plaat geluister het, is daar baie liedjies wat nooit treffers was nie, maar groot gunstelinge van my is soos Dat Die Dae So Verganklik Is, Kleine Wilde Roos, Wag Daar Iewers Liefde Vir My en Op My Harmonika.

Nikita1 van Chessalee het gesê dat ek haar geïnspireer het om oor hom te skryf- wel Nikita1, jy het my in eie munt terug-geïnspireer om die grappie van hom op die verhoog te vertel!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: