Posted by: mykopop | Maandag 24 September 2007

Oopkopkode 1: Spambayes

[Jammer, die prentjies het verdwyn en ek kom dit nou eers agter.]

Met “Oopkopkode” bedoel ek “Oopbronsagteware”, in Engels “Open Source Software”. Ek gebruik die woord al ‘n jaar of twee in my kop, die rede is dat ek die filosofie van “Open Source” ondervind as ‘n baie oopkop manier van dink, en ek vind “Oopbronsagteware” nie heeltemal lewensvatbaar nie. Ek weet nie hoekom ek die woord nie al gebruik het vir my inskrywing oor Grisbi Persoonlike Finansies nie.

Ek oorweeg dit om ‘n tweede blog te skep oor rekenaar- en ander tegniese dinge, wat moontlik lesers kan wegjaag van My Kop Op ‘n Blok! af. Enige besprekings van sagteware vir algemene gebruik sal ek egter hier hou.

Vandag se inskrywing gaan oor Spambayes, ‘n invoegsel (“add-in”) vir MicroSoft Outlook, wat gemors-e-pos uitsorteer in ‘n aparte vouer, sodat jy nie self deur al jou inkomende e-posboodskappe hoef te soek nie.

Wanneer jy Spambayes installeer, moet jy voor die installasie twee vouers in Outlook skep, een vir “Spam” een en vir onseker gevalle. Skep dit in jou “Personal Folders”. Jy kan self hulle name kies, ek het ‘n paar “underscore” karakters vooraangesit om te verseker dat hulle heel bo-aan gelys word.


Spambayes sal ‘n ekstra nutsbalk bo-aan in Outlook sit, met knoppies wat daar sal wees of nie wees nie, afhangend van watter lêer jy oop het. As jy Inbox oop het, sal jy die volgende sien:

As jy die ___Spam lêer oop het, sal daar ‘n “Recover From Spam” knoppie wees.

Let op dat Spambayes geleer moet word, dus sal dit aanvanklik dalk nie so goed wees nie. Jy laat die sagteware soos volg leer:

  • As ‘n e-pos in jou Inbox land en Spambayes skuif dit nie na Spam of Unsure nie, maar jy kan sien dis spam, kliek op die boodskap-titel en dan die knoppie “Delete As Spam”.
  • As ‘n e-pos in Spam of Unsure land, maar dit is nie spam nie, kliek daarop en dan die knoppie “Recover from Spam”.
  • Let wel, as jy ‘n boodskap in Unsure sien en kan sien dis spam, moet dit nie sommer uitvee nie, gebruik eers die Delete As Spam knoppie, om seker te maak Spambayes sal leer.

As ‘n e-pos eers in die Spam lêer is en jy is seker dis spam, kan jy dit uitvee. Verkieslik moet jy spam-boodskappe nie oopmaak nie, anders kan hulle dalk sien jy lewe. As jy onseker is van ‘n e-pos, gebruik die “Preview Pane” in Outlook.

Die Spambayes knoppie self in die nutsbalk het ‘n af-pyltjie. As jy daarop kliek en dan “Spambayes Manager”, kry jy die volgende:


Eintlik is Spambayes meer as ‘n invoegsel vir Outlook – dis ‘n spamsorteerder. Jy kan dit ook installeer as ‘n tussenganger tussen jou e-posprogram (bv. Thunderbird) en ‘n POP3-bediener.

By die werk word ons natuurlik gedwing om Outlook te gebruik wat aan die MicroSoft Exchange Server koppel. Deesdae is daar ‘n ander ding betrokke: MSS Interscan. Ek weet nie presies wat dit is nie, al wat ek weet is dit werk nie. Talle spam-boodskappe kom deur MSS Interscan en word korrek deur Spambayes uitgesorteer. Ander boodskappe wat ek weer wou ontvang word in kwarantyn geplaas en ek moet iemand e-pos om dit aan te vra.

Spambayes werk. Ek gebruik dit al ‘n hele paar jaar.

o0O0o

Van die Afrikaanse rekenaarterme het ek gekry van “Skryf Afrikaans“. Ek vind dit maar bietjie irriterend om die Afrikaanse terme te probeer gebruik, maar ons moet seker pasop dat ons sinne nie later helfte uit Engelse woorde bestaan nie.


Responses

  1. Ek hou baie van jou term oopkopkode. Dit sê makliker en het meer oemf as oopbronsagteware.

    Miskien kan jy eendag vir diegene van ons wat tegnologies gestremd is verduidelik hoe om al die fênsie dinge te doen wat jy op jou blog sit bv die flitsende woorde, of selfs net om teks langs fotos te kry. Of om die waarheid te se, om die foto te kry en te laat bly waar jy hom wil hê.

  2. Jy’s reg. Ek is ook skuldig as dit kom by rekenaar terme. So maklik om net pc of harddrive ens te se^.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: