Posted by: mykopop | Maandag 24 September 2007

Kersfees 2007 Kom (1)

Vandag oor 3 maande is Kersfees! Daar is ‘n paar dinge wat jy dringend moet doen:
1) As jy CD’s, DVD’s of boeke van oorsee wil bestel vir Kersfees, doen dit nou. Ek het laasjaar op 15 November van Amazon bestel en dit het eers in Januarie gekom.
2) Begin geskenke koop.
3) As jy ‘n redelike versameling Kersfeesmusiek het soos ek, begin luister. Jy kom nooit deur alles so kort voor Kersfees nie.
4) As jy in ‘n koor sing, veronderstel ek julle oefen al vir Kersfees?
5) Dink of jy Kersfees gaan vier, en hoekom.

Voort na die musiek! Ek wil net ‘n paar van my gunsteling CDs noem, met ‘n YouTube video hier en daar.

Cantate Domino – Oscar Motettkör, Stockholm

As Stille Nag die kongingin van kersliedere is, dan is hierdie Sweedse album die koningin van kersalbums. Op die agterkant van die omslag sê hulle: “This remarkable album – for many years appreciated for its exquisite sound quality in the recording of choral and solo voices – set a new standard in sound engineering.” (Dit het in 1976 al as ‘n plaat verskyn.) Die voortreflikheid hou darem nie by die tegniese sy op nie – dit geld beslis vir die artistieke sy ook.

Cantate Domino
Konsert Für Orgel, A-Dur
Advent
Dotter Sion, Fröjda Dig
Hosianna Davids Son
Fröjda Dig, Du Kristi Brud
Lullaby
Il Est Ne Le Divin Enfant
Julsang
Den Signade Dag
Stille Nacht
MARIÆ Wiegenlied
Jul
Zither Carol
White Christmas

Die enigste lied wat nie regtig inpas nie is White Christmas, wat vir my ‘n mooi liedjie is, maar nie heeltemal inpas tussen meestal gewyde liedere nie. Die musiek word meestal deur die koor gesing met orrelbegeleiding, daar is ook solos bv. die Maria-wiegelied is ‘n pragtige weergawe (sien wat ek verder sê oor soprane). Ongelukkig kon ek niks kry om jou te laat hoor hoe dit klink nie, maar ek waarborg dit persoonlik! Ek dink jy kan dalk so gelukkig wees om een in ‘n Suid-Afrikaanse CD-winkel raak te loop.

Angels’ Glory – Kathleen Battle & Christopher Parkening

Mary, Did You Know?
Carol of the Birds
I Wonder as I Wander
Gesù Bambino
Desembre Congelat
Noi de la Mare
Dormi Jesu
Quittez, Pasteurs
Infant Holy, Infant Lowly
Jubilation
Wasn’t That a Mighty Day
Virgin Mary Had a Baby Boy
Methinks I See a Heav’nly Host
Sweet Little Jesus Boy
Mary and Her Baby Chile: O Mary, Where Is Your Baby?/O, Mary and …
Mary Had a Baby
Jesus, The Light of the World
Suo Gan
Silent Night

Kathleen Battle is ‘n Amerikaanse sopraan en Christopher Parkening speel klassieke kitaar. Battle het ‘n mooi soet stem waarna ek baie lank kan luister, oor die algemeen hou ek nie vreeslik baie van sopraanarias nie. (Perdemerrierunnike en briekmerke!)

Die keuse van die liedere op hierdie CD is ook vir my besonders, iets anders as die gewone “Christmas Carols”, my twee gunstelinge hier is Gesu Bambino en Jesus, the Light Of The World. Sien onderaan vir ‘n video (nie op die CD nie) van Ave Maria, sodat jy kan hoor hoe die twee klink.

The Roger Whittaker Chrismas Album

Behalwe vir Guten Abend, Gute Nacht (Brahms) is die meeste van die musiek op hierdie album oorspronklik gekomponeer vir die album. Ongelukkig is daar ook geen plek waar jy kan gaan luister nie. Die snit wat my hoendervleis gee is The Governor’s Dream. Laat my weet as jy dit nog nie gehoor het nie, miskien kan ons ‘n plan maak! Jy kan darem gaan luister na stukkies van die snitte by Amazon. Eens op ‘n tyd het ek Moma Mary self gesing met my kitaar.

Hallelujah It’s Christmas
Mighty Like A Rose
Christmas Song
Country Christmas
Darcy The Dragon
The Governor’s Dream
Momma Mary
Guten Abend, Gute Nacht (Brahms’ Lullabye)
Home For Christmas
A Time For Peace
Christmas Is Here Again
Tiny Angels

Wunderschöne Weinachtzeit – Peter Alexander


Wunderschöne Weinachtszeit
Süßer die Glocken nie klingen
Schnee fallt
Kling Glöckchen, klingelineling
O Tannenbaum
Die grüne Tanne in Gottes Garten
Laßt uns froh und munter sein
Morgen, Kinder wird’s was geben
Und die Botschaft, sie kommt
Still, still, still
O, du fröhliche
Weihnact
Der Tag, der wird bald da sein
Alle Jahre Wieder
Ihr Kinder, nun kommet
Weihnachtskuchen
Freu’ dich Erd’ und Sternenzelt
Des allerschönst’ Kindl
Das Kind, es schlaft (Susani, Susanin)
Es ist en Ros’ entsprungen

Die liedjie wat ek op die radio gehoor het wat gemaak het dat ek na jare weer na Peter Alexander begin soek het, is Heidschi Bumbeidschi. Dit is NIE op hierdie album NIE. Ek het hierdie CD plaaslik raakgeloop ‘n paar jaar gelede. Laas jaar het ek toe die CD “Advent” van Peter Alexander van Amazon af bestel om Heidschi Bumbeidschi te kry. Die res van daardie CD is bietjie teleurstellend. Hierdie een is meer in dieselfde liga as Heidschi. Baie van die liedjies is trandisionele kersliedjies in Duits. Peter Alexander se stem is ongelooflik. ‘n Wonderlike, rustige album om na te luister. Ongelukkig kan ek geen materiaal op die net kry om jou sy stem te laat hoor nie. Daar is twee weergawes van Heidschi Bumbeidschi op YouTube, sien onderaan.

The Most Beautiful Christmas Songs Of The World – Boney M.

As die half-klassieke Kersmusiek jou nie geval nie, hier is vir jou iets meer kontemporêr.

Christmas Medley: Silent Night, Holy Night (Stille Nacht, Heilige …)
Oh Christmas Tree (Oh Tannenbaum)
Hark! The Herald Angels Sing
Zion’s Daughter (Tochter Zion)
First Noël
O Come All Ye Faithful
Petit Papa Noël
Darkness Is Falling (Es Wird Scho’ Glei’ Dumpa)
Joy to the World
White Christmas
Jingle Bells
Feliz Navidad
When a Child Is Born
Little Drummer Boy
Auld Lang Syne

Ek kry ook niks hiervan van Boney M self aanlyn nie, maar daar is ‘n video hier onder van Zion’s Daughter soos gesing deur Baccara – so amper in dieselfde styl.

Wat het jy?

Laat weet my asseblief wat is jou gunsteling Kersmusiek-snit en wie dit sing of speel. En maak weer ‘n draai op 25 Oktober!

Video’s

Ek wou eers die video’s embed, maar aangesien ek ook die CD voorblaaie wou insit sou dit bietjie erg raak. so ek lys hulle sommer hier:

1. Ave Maria – Kathleen Battle & Christopher Parkening
2. Heidschi Bumbeidschi – Placido Domingo
3. Heidschi Bumbeidschi – Heintje
4. Zion’s Daughter – Baccara

Onthou jy kan die YouTube video’s aflaai om te hou, ek gebruik nou http://keepvid.com – kissyoutube het opgehou werk – hulle probeer ‘n verskoning kry om ‘n exe op jou rekenaar te hardloop – moenie daarvoor val nie. Hoe ookal jy hulle aflaai. stoor as .flv files, jy kan VLC media player gebruik om hulle te speel.


Responses

  1. Roger Whittaker lyk of iemand hom met ‘n sneeubal beetgekry het.

  2. Hi…Jy het die gawe om ook elke keer met die musiek herinneringe wakker te maak! Ek was ook ‘n groot aanhanger van Hein Simons…het ‘n plaat van hom “Ruiter van die Windjie” wat mooi nommertjies daarop het…dankie weereens! en Roger Whittaker is ook my gunsteling, sit hier met ‘n CD van hom waar hy “Streets of London” sing…my groot gunsteling.

  3. […] Sien ook my inskrywing Kersfees 2007 Kom (1), en meer volg binnekort. […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: